Oppi Riviere

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oppi Riviere is omring deur Apies- en Kameeldoringbome en bied karavaan- en kampeerplekke en 'n selfsorghuis aan die oewer van die Krokodilrivier net 70 km van Brits af.

Die huis is ideaal vir ’n groep van 8 mense en het 4 slaapkamers met dubbelbeddens, enkelbeddens en stapelbeddens en 'n privaat badkamer. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n stoof met 'n oond, mikrogolf, yskas en 'n eetkamertafel. Daar is 'n sitkamer met 'n TV met DStv en 'n kaggel waar gaste kan ontspan. Beskutte braaigeriewe is ook beskikbaar.

Hout en ys is op versoek beskikbaar. Gaste kan die grasdak-lapa teen 'n addisionele koste vir funksies bespreek. Doendinge op die plaas sluit voetslaan, fietsry en visvang in. Wildritte kan ook teen 'n addisionele fooi bespreek word. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Neem asseblief kennis dat motorfietse en privaat voertuie nie in die veld toegelaat word nie. Oppi Riviere kan slegs met 'n grondpad bereik word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oppi Riviere gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]