15% af Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 29 Sep 2020 tot 30 Nov 2020.
Marlothpark Akkommodasie by Oppidraai | LekkeSlaap
+14
+14

Oppidraai

  • Spesiale Aanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Papegaai-laan 2426, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Oppidraai bied puik vakansieverblyf vir gesinne in Marloth Park, waar daar geen heinings is nie en die wild tussen die wonings rondloop.

Oppidraai 1 is die kleiner woonstel van twee aangrensende woonstelle en bied slaapplek aan 4 gaste. Dié woonstelletjie het 1 dubbelbed, 'n solder met 2 enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet, 'n leefarea met DStv en 'n kombuisie. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoofplaat, mikrogolfoond en al die basiese kombuisgerei wat jy benodig vir selfsorg. Dan is daar ook lugversorging, gaas voor die meeste van die vensters en 'n privaat braai-area en stoepie.

Oppidraai 2 is die groter eenheid van die 2 aangrensende eenhede en bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer en die solder het elkeen 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die leefvertrek het DStv Premium en 'n kombuisie met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n stoofplaat. Verder is daar 3 lugversorgers en gaas voor die meeste van die vensters. Die eenheid bied 'n privaat braai-area, stoepie en swembadjie. Laasgenoemde is slegs beskikbaar as daar nie waterbeperkings in Marloth Park is nie.

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 68 resensies vir Oppidraai
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Papegaai-laan 2426, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Oppidraai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Papegaai-laan 2426, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJkMTdkNTA1LTQ0NGUtNGQ3NC05NTBlLTdmN2ZkZGI5MWNjYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 68 5 1 5 2426 Papegaai Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -25.34532 31.78373
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za