Kleinbaai Akkommodasie by Oppiekoppie | LekkeSlaap
+13

Oppiekoppie

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Onze Baai 11, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Oppiekoppie is in Kleinbaai, omtrent 180 km vanaf Kaapstad, langs die ooskus (40 km van Hermanus en net duskant Gansbaai) geleë.

Die huis is langs die kus en het ononderbroke uitsigte oor Kleinbaai se hawe en die Indiese Oseaan.

Dit is omring deur 'n stoep/dek wat baie gerieflik is op winderige dae en beskik oor 3 slaapkamers. Daar is 2 op die onderste verdieping - 1 met 'n dubbelbed en die ander met 2 enkelbeddens. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed. Al die beddens is met skoon linne opgemaak.

Die badkamer het 'n toilet, wasbak, bad en stort en daar is ook 'n aparte toilet. Die res van die onderste verdieping is oopplan met 'n lekker sonkamer wat beskik oor 'n slaapbank, 'n gerieflike sitkamer met 'n oop kaggel, 'n eetkamer en 'n volledige toegeruste kombuis (yskas, stoof, mikrogolfoond, eetgerei, ketel en broodrooster).

Sekuriteit is 'n prioriteit en daarom het ons Amerikaanse hortjies regdeur, diefwering op die boonste verdieping en 'n alarmstelsel gekoppel aan 'n gewapende reaksie-eenheid.

Ons sien daarna uit om jou by Oppiekoppie te verwelkom.

Slaapplek

’n Bespreking by Oppiekoppie sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
2 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 14 resensies vir Oppiekoppie
Netheid
4.0/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Onze Baai 11, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oppiekoppie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Onze Baai 11, Kleinbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJkNDM5NWVlLTBlNzQtNDA1ZS04ZGJkLWQxNjEyNjVmOWM5Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 6) 14 5 1 5 11 Onze Baai Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.61463663442 19.363178014755
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za