Oppieplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oppieplaas was oorspronklik 'n werkershuisie. Dit is later gerestoureer en vandag is dit 'n heerlike, gesellige selfsorg-kothuisie. Dié kothuis is 10 km buite Prins Albert op die pad na Klaarstroom en is geleë daar waar die pragtige Prins Albert-Vallei begin.

Oppieplaas het slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kindjie en beskik oor 1 slaapkamer, 'n oopplan-kombuis en -sitarea en 'n aparte badkamer met 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas, stofie en al die nodige breekware, eetgerei en potte. Die sitkamer het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Jy moet egter jou eie slimkaart saambring. 'n Kind kan op die slaapbank in die sitkamer slaap.

Die kothuis het 'n lekker ruim Karoostoep met 'n braai-area waar jy heerlik kan agteroor sit en lees. Daar is nie selfoonontvangs op die plaas nie. Die natuur is vir ons baie belangriker! Gaste by Oppieplaas kan wandelroetes verken, voëls kyk of net lekker ontspan. Jy kan ook versoek dat jou gasheer jou op 'n uitstappie deur die Karooveld neem.

Slaapplek

'n Bespreking by Oppieplaas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oppieplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za