LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Oppisand | LekkeSlaap
+16

Oppisand

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivierstrand 24, Eersterivierstrand, Tsitsikamma, 6309, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 250 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Oppisand doen gestand aan sy naam, want dié strandhuis is sommer reg op die strand in Eersterivier geleë. Dis ideaal vir 'n wegbreek by die see. Op die ruim dek is daar 'n stel trappe wat jou tot by een van die mees ongerepte stukke kuslyn sal neem waar jy tussen die rotse en golwe kan ontspan.

Oppisand is die perfekte selfsorghuis vir 'n gesinsvakansie of romantiese wegbreek en dit bied gemaklike slaapplek aan 2 volwassenes en 4 kinders. Die stylvolle hoofslaapkamer bied ongelooflike uitsigte oor die oseaan. Die moderne en suite-badkamer beskik oor 'n bad, stort en toilet. Die kleiner tweede slaapkamer bevat 2 stapelbeddens wat die perfekte slaapplek vir 4 kinders bied. Verder is daar ook 'n gesinsbadkamer met 'n stort en 'n bad.

Die huis spog met 'n luukse kombuis en opwaskamer wat ten volle toegerus is. Die res van die huis is ook pragtig ingerig en bied alles wat jy tydens jou wegbreek sal nodig kry. Ontspan luilekker op die bank terwyl jy die ongelooflike uitsigte vanuit die leefarea geniet of maak 'n knetterende vuurtjie in die kaggel as die weer jou verhoed om strand toe te gaan.

Die beste deel van Oppisand is die groot houtdek met 'n uitsig oor die strand. Die braaiplek op die dek is perfek vir 'n familiekuier.

Ontdek die strand op jou voorstoep - daar is rotse om te klim, kristalhelder rotspoele om te verken, sandkastele om te bou en 'n verskeidenheid diertjies wat jonk en oud sal vermaak. Gaan swem 'n bietjie of maak lyn nat en spoel die sand onder die buitestort af voor jy weer op Oppisand se pragtige houtdek uitspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Oppisand sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
2 xStapelbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 15 resensies vir Oppisand
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Eersterivierstrand 24, Eersterivierstrand, Tsitsikamma, 6309, Oos-Kaap
  • Gaste dink Oppisand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tsitsikamma Oos-Kaap
Vanaf R3 250
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R3 250
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Eersterivierstrand 24, Eersterivierstrand, Tsitsikamma, 6309, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI0MDE3MmYyLWFjYmQtNDk0MC05MmIwLTY3ODQzODNjYjJkYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 250  per nag (vir 6 persone) 15 5 1 5 24 Eersterivier Road Eersterivierstrand 6309 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.071096645948 24.217807084656
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!