Oranjerus Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oranjerus Resort is aan die oewer van die Oranjerivier in die dorpie, Kanoneiland in die Groen Kalahari geleë. Dit is net 30 km buite Upington en die perfekte oornagplek vir gaste wat die Kgalagadi-oorgrenspark, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en die Namakwaland in blommetyd wil besoek.

Die oord bied 'n hele rits bekostigbare opsies. Gaste kan kies tussen verblyf in die Sakpas-chalets, Besigheidskamers, Luukse chalets, Rivier-chalets, Tentverblyf en Houthuisies. Al die eenhede beskik oor lugversorging, TV's, koffie- en teemaakgeriewe en yskassies.

Die oord het 'n kroeg en 'n restaurant op die perseel met uitsigte oor die rivier en tuin. Gaste kan van die oord se geriewe gebruik maak. Dit sluit 'n swembad en braaigeriewe in. Verder is daar ook 'n konferensie- en trou-venue by Oranjerus beskikbaar.

Let asb. dat die restaurant gesluit is op Sondagaand en Maandag. Daar is dus nie ontbyt op Maandag nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oranjerus Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R510 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za