Mtwalume Akkommodasie by Orsym Place No. 4 | LekkeSlaap
+12

Orsym Place No. 4

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buccaneer's Walk, Orsym Place 4, Mtwalume, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Orsym Place No. 4 is in die stil kusdorp Mtwalume geleë en bied selfsorgverblyf vir 6 gaste in 'n sekuriteitskompleks.

Dié dubbelverdiepinghuis is gerieflik gemeubileer en het plafonwaaiers. Daar is 3 slaapkamers wat 2 badkamers deel. Elke kamer is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed. Die huis het 'n en suite-badkamer met 'n bad en dubbelstort, asook 'n tweede badkamer met 'n stort. 'n Buitestort is ook beskikbaar. Linne en handdoeke word gerieflikheidshalwe voorsien. Een van die slaapkamers lei na 'n balkon met 'n lieflike see-uitsig.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof en 'n oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Etes kan by die etenstafel genuttig word en gaste kan in die sitkamer voor die TV met DStv ontspan. Die leef-area lei na 'n patio met 'n ingeboude braai-area en 'n uitsig oor die swembad en see.

'n Skoonmaakdiens is beskikbaar teen 'n ekstra koste. Rook in die woonstel is verbode en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Orsym Place No. 4 is stapafstand van die strand af, en die daar is skoon ablusiegeriewe en lewensredders regdeur die jaar by die hoofstrand. Gaste kan gaan stap, visvang, snorkel, of net lekker ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Orsym Place No. 4 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Orsym Place No. 4
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Buccaneer's Walk, Orsym Place 4, Mtwalume, 4180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Orsym Place No. 4 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Buccaneer's Walk, Orsym Place 4, Mtwalume, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmZTdjYTlkLTkzMjItNGNjOC04Yzc2LWIyOGU2MjU5MzdhOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Buccaneer's Walk Orsym Place 4 4180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.492525 30.63217
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za