Oryx Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oryx Lodge is in die buitewyke van Brits geleë en bied gehalte-bosveldverblyf met maklike toegang tot Pretoria. Dis ideaal vir 'n gesin wat van die natuur hou of 'n groep vriende wat wil wegbreek.

Dié huis beskik oor 2 slaapkamers en het slaapplek vir 6. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, ’n stapelbed vir kinders en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en wasbak. Die tweede kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die eenheid word as 'n geheel uitverhuur en kamers kan nie afsonderlik bespreek word nie. Daar is plafonwaaiers in al die kamers en die eenheid het lugversorging

Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, en lei na die stoep met 'n groot etenstafel en oorgenoeg sitplek.

Daar is ook 'n swembad, braaigeriewe en 'n boma waar gaste kan kuier en sterrekyk.

Troeteldiere word nie toegelaat nie aangesien daar wild op die plaas is.

Slaapplek

'n Bespreking by Oryx Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oryx Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]