Pringlebaai Akkommodasie by O'Shaughnessy Cottage | LekkeSlaap
+12
+12

O'Shaughnessy Cottage

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hangklip-weg 142 , Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

O'Shaughnessy Cottage is ‘n lieflike strandhuis met slaapplek vir 10 in Pringlebaai met ‘n uitsig oor die see.

Dié ruim huis beskik oor 5 kamers en 4 badkamers. Daar is 3 kamers op die boonste verdieping en 2 kamers op die onderste verdieping. Die eerste kamer op die boonste verdieping het ‘n koninggrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n bad en ‘n stort. Die tweede en derde kamer het 2 enkelbeddens en die tweede badkamer het ‘n stort en ‘n toilet.

Op die onderste verdieping het die vierde kamer ‘n koningingrootte-bed en ‘n en suite-badkamer met ‘n stort en ‘n toilet. Die vyfde kamer het 2 enkelbeddens en die vierde badkamer het ‘n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met ‘n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en ‘n etenstafel. Daar is ook ‘n opwaskamer met ‘n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Daar is ‘n sitarea op die boonste verdieping met ‘n TV, DStv en ‘n uitsig oor die baai. Die onderste verdieping bied ‘n kaggel en lei na ‘n onderdakstoep. WiFi is beskikbaar.

Die stoep bied ‘n skuifdeur en ‘n Weber-braai. Daar is ‘n privaat paadjie wat vanaf die tuin na die strandjie onder lei.

Pringlebaai word omring deur verskeie fynbos-, voël- en dierspesies. Doendinge sluit swem, snorkel en walviskyk tussen Junie en Desember in.

Slaapplek

’n Bespreking by O'Shaughnessy Cottage sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir O'Shaughnessy Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hangklip-weg 142 , Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Gaste dink O'Shaughnessy Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hangklip-weg 142 , Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAAM1rYhPr34EDBQJ5pLWEf6GhuZoAEu5EuEKNIHTuZS73RxAUWh?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 500  per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 142 Hangklip Road Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 09:00 -34.348862997307 18.819487877316
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za