Osler Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Osler Place bied gehalteverblyf in 6 gerieflike selfsorgwoonstelle wat elkeen oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, ‘n oopplan-kombuis en -leefarea en 'n stoep en braaigeriewe beskik. Die instansie het slaapplek vir altesaam 36 gaste en is geskik vir groot of klein groepe. 'n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.

Elke hoofslaapkamer het sy eie en suite-badkamer met 'n stort en toilet, en 'n deur wat na die stoep lei. Elke gastebadkamer het 'n stort, bad en toilet. 100% katoen perkallinne en handdoeke word voorsien. Elke kombuis het 'n wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolf, yskas-vrieskas, en als wat jy benodig vir selfsorg. Die sitkamer het gemaklike meubels en 'n TV met Kommersiële DStv-pakket. Gaste hoef nie hul DStv-kaarte saam te bring nie.

Al die eenhede op die eerste verdieping het toegang tot gratis parkeerplek en 'n toesluitmotorhuis.

Osler Place is oos van Stilbaai en is stapafstand vanaf die hoofstrand, rivier en restaurante. Oorkant Osler Place is 'n inheemse tuin met paadjies wat oop is aan die publiek. Doendinge soos visvang, ski, bootritte en kanovaart is binne 'n 2 km radius van ons af beskikbaar, so ook boot- en skeepshellings.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Osler Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za