Ostrich Hide
Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6. Geldig vir verblyf vanaf 9 Mei 2022 tot 10 Mei 2023 gemaak.
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisweg 1558, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 000R1 714 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Ostrich Hide bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n stylvolle huis in Marlothpark. Die huis is 470 m van die Krokodilrivier af en die park grens aan die Krugerwildtuin.
Ostrich Hide bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamer, 'n ruim leefarea en 'n kombuis. Daar is 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n buitebadkamer met 'n bad en 'n stort wat via die hoofslaapkamer en die stoep bereik kan word.
Die ruim leefarea is met gemaklike meubels en 'n titseltjie Afrika-flair ingerig en daar is 'n slim-TV met sekere DStv-kanale. Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus en die kombuis het ook 'n toonbank met stoele.
Die swembadarea bied 'n uitsig oor die park en daar is 'n aparte boma langs die swembad. Die groot stoep het ook 'n ingeboude braai, 'n etenstafel en sitplek.
Daar is lugversorging en waaiers deur die huis, asook gratis WiFi, 'n instaanstelsel vir die krag en die water en 'n sekuriteitstelsel.
Slaapplek
’n Bespreking by Ostrich Hide sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Volstruisweg 1558, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Ostrich Hide het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Volstruisweg 1558, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom