Otjiwa Bush House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Otjiwa Bush House is ’n selfsorghuis in Marlotpark. Dié huis het oorgenoeg plek vir vriende en familie om te ontspan en rus.

Die huis bied slaapplek aan 12 gaste en het 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste 3 slaapkamers het elk ’n koningingrootte-bed en die ander kamers het elk 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer het 4 enkelbeddens.

Die kombuis is met ’n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitkamer het gemaklike banke en ’n TV met DStv, asook ’n eetarea met genoeg sitplek vir al die gaste om hul etes saam te geniet.

Die huis spog met lugversorging, ’n pooltafel, privaat kroeg en ruim vermaakarea met braaigeriewe, swembad en sondek.

Onderdakparkeerplek en 24 uur-sekuriteit is beskikbaar.

Daar is ’n oorvloed van wild wat gereeld rondom die huis kom rondloop. Dit sluit in kameelperde, koedoes, vlakvarke, sebras, wildebeeste, ape, impalas en duikers.

Dit is nie vreemd om die leeus in die Krugerwildtuin te hoor brul terwyl jy om die vuur sit in die aand nie. Die aandlug is gevul met ongelooflik helder sterre.

Slaapplek

'n Bespreking by Otjiwa Bush House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
4 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Otjiwa Bush House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za