Karoo Akkommodasie by Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation | LekkeSlaap
+79

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation

9 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 9 resensies vir Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
5.0/5
Andria E - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andria E

'n Heerlike en rustige ervaring in die Karoo.

Puik akkommodasie, pragtig en netjies met vriendelike diens en die gashere gaan daardie ekstra myl verder om regtig die ervaring spesiaal te maak. Ons het dit baie geniet en sal beslis vriende en familie daarheen verwys.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Andria,
Dit was aangenaam om jul hier te kon akkommodeer! Ek is bly dat jul die Karoo heerlik en rustig ervaar het. Jul is altyd weer welkom. Baie dankie vir die resensie.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Fouche L - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Fouche L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons sal weer gaan, en weer.

Soms is eenvoud meer bevredigend as al die prag en praal - die kuns is in die skep van 'n ryk ervaring.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Fouche, dit was ‘n plesier om jul te akkommodeer. Baie dankie vir ‘n besonderse resensie! Jul is weer en weer welkom!

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Mari K - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mari K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige gastehuis, met gesellige kaggelvuur en alles wat ons nodig gehad het.

Ons het donker eers aangekom, geen sein gehad om GPS te gebruik nie. Ons is ingewag, al was dit al laat. Die detail in die dekor en wat aangebied word, het my asem weggeslaan. Bordspeletjies, battery-lig vir in geval die sonkrag 'n probleem het, selfs 'n noodhulp-sakkie in die laai. Pragtig skoon en netjies. Ons het die plekkie baie geniet - het net 1 aand oorgeslaap.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Mari, dit was ‘n plesier om jul te akkommodeer! Ek’s bly dat jul Die Ou Klipskuur Selfsorg Akkommodasie geniet het!
Die plekkie is ‘n lewenslange droom wat verwesenlik is!
Dankie vir die review!

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Calsie C - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Calsie C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Amazing.

Hartlik verwelkom die kaggel was 'n groot pluspunt. Kan dit vir enige een aanbeveel. Vleis is van baie goeie gehalte.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Calsie, ek’s bly jul het jul verblyf by Die Ou Klipskuur “amazing” gevind en die kaggel en vleis geniet.
Dit was aangenaam om jul hier te kon akkommodeer.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Hantie P - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hantie P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustigheid en stylvolle verblyf.

Dit is 'n ware juweel in die hartjie van die Karoo, en die moeite werd om 'n breek by die Ou Klipskuur te neem as jy so ver gereis het. Die gasvrou en gasheer is baie aangenaam en sien om na al jou behoeftes. Hulle het ekstra moeite vir ons gedoen sodat ons kan braai.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Hantie, ek is bly dat jul jul verblyf hier by Die Ou Klipskuur geniet het. Dit was ‘n plesier om jul hier te kon akkommodeer.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Martin M - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Martin M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik, gemaklik, rustig en volledig toegerus.

Anemé en Johan is uitstekende gashere, en hul kothuis, oftewel Klipskuur, is toegerus soos min. Enige moontlike benodigdhede word voorsien en boonop stylvol vertoon. Die Karoo rustigheid en stilte was wonderlik, en die aantal sterre in die aand asemrowend. Die beddens was warm en snoesig op die koue wintersaand, en die vuurmaakplek was heerlik. Kombuis het als was mens kan nodig kry, met 'n beskutte braaiplek buite. Ons sal enige tyd weer kom bly. Uitstekend!

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Martin, ek is bly dat jul Die Ou Klipskuur en die Karoo, met sy rustigheid en sterreprag, geniet het. Julle is altyd weer welkom.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Carien L - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carien L
Gesin met klein kinders

Regte egte plaaservaring!

Ons het en route gestop, maar hierdie plek sal 'n fantastiese einddestinasie ook wees. Perfekte plek om behoorlik te ontspan!

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Carien, ek is bly jul het die plaaservaring geniet. Jul is altyd welkom om te kom ontspan en net af te skakel.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Marius D - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marius D

Wonderlike ervaring.

Die akkommodasie was puik. Ons het heerlik gebly. Die braaipak wat vir ons op versoek voorsien is was puik met heerlike Karoo-lamtjops. Die Cloetes het ons nie net heerlik laat bly nie, hulle het ons te hulp gesnel in 'n krisis toe my seun van sy motorfiets afgeval het en sy sleutelbeen gebreek het. Hulle onbaatsugtige gebaar het sommer my vertroue in my medemens herstel! Ek kom beslis weer!

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation's terugvoer

Marius, ek is bly julle het jul verblyf geniet. Julle is altyd welkom. Ek is dankbaar dat ons jul kon help tydens die ongeluk.

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Rinie L - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Rinie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stilte, kalmte, net wat die siel nodig het.

Mense ... die plek is superskoon (die huis en die werf) en die dekor so so mooi. Annemi en Johan is baie gasvry en gesels opreg. Regte Karoo plaas met skaaphond en ander diere wat jou kom groet. Die voëltjies fluit heeltyd gelukkig en spelerig. Daar is aan alles gedink vir jou gerief. Die dakwaaiers is presies geplaas dat jy heerlik koel bly en die beddens slaap heerlik. Kom braai gerus jou tjoppie hier. Die stofpad is deel van die lekker. Sal beslis weer gaan.

Vanaf R300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAv4VPZ0hzEMLH35s9KJSb8k2el5CFOhvRnaF4q6cHs53wqegXKE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R300  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 Helpmekaar Farm Fraserburg 6960 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -31.783569 21.706965
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za