Ou Tol Cango Retreat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ou Tol Cango Retreat is 'n lodge wat B&B- of selfsorgverblyf bied. Dis aan die oewer van die Grobbelaarsrivier naby Oudtshoorn geleë. Die bekoorlike houthuisies is ideaal vir vriendegroepe en families wat rustig wil wegbreek en hul batterye wil herlaai, maar tog naby aan al die opwindende doendinge wil wees.

Verblyf by Ou Tol Cango Retreat bestaan uit stewige houthuisies wat pragtig by die omgewing pas. Die eenhede sluit al die luukshede in wat jy by die huis kan geniet. Daar is dubbel-, enkel- of stapelbeddens, lugversorging, kombuisies met mikrogolfoonde, tweeplaatstofies, eetgerei en breekware. Elke badkamer beskik oor 'n stort, toilet en wasbak. Ander geriewe sluit sekere DStv-kanale en braaigeriewe in.

Ou Tol Cango Retreat se pragtige ligging noop gaste om op die grasperk langs die rivier piekniek te hou of die tuine op die erf te verken. Motorfietsryers kry hul eerste bier met aankoms verniet. Die lodge is gerieflik naby aan Roete 62 geleë waar 'n hele rits aktiwiteite soos 4x4-roetes, volstruisplase, wynplase en die alombekende Kango-grotte verken kan word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ou Tol Cango Retreat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za