Oubaai House by Cape Summer Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oubaai House by Cape Summer Villas is 'n selfsorghuis teen 'n hoogte tussen die boomtoppe in die Oubaai Gholfoord. Die roep van visarende en voëlgesang sal gaste geselskap hou by dié spesiale vakansieplek en die oord bied 'n uitsig op die majestueuse Outeniekwaberge en oor die Gwaiingrivierkloof.

Gaste kan 'n uitsig na die noorde van al 3 slaapkamers af geniet. Twee van die slaapkamers het elk 'n koninggrootte-bed en die ander kamer het 2 enkelbeddens. Daar is 3 badkamers wat elk 'n stort het. Twee van hierdie badkamers is en suite. Gaste kan warm somersdae en -nagte in en rondom die privaat swembad saam met vriende en familie deurbring. Die huis is smaakvol versier en bied toegang tot 'n dek met 'n uitsig oor die inheemse fauna en flora.

Die kombuis, eetarea en sitarea is oopplan. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n TV met sekere DStv-kanale in die sitarea en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8 gaste. Die leefarea spog met groot glasdeure wat heeltemal oopvou om die natuur in te nooi.

Gaste kan die braaigeriewe in die somer gebruik en die smeulstoof in die winter. Daar is 'n dubbelmotorhuis met 'n wasmasjien en tuimeldroër.

Oubaai Gholfoord het uitstekende geriewe soos 'n moderne klubhuis met 'n pragtige uitsig en 'n gholf-oefenbof.

Slaapplek

'n Bespreking by Oubaai House by Cape Summer Villas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oubaai House By Cape Summer Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za