Oude Wellington Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oude Wellington Estate is in die hartjie van die Kaapse Wynlande geleë. Tafelberg, Stellenbosch, Franschhoek en die 2 oseane is net 'n uur se ry ver. Die landgoed produseer wyn en brandewyn en gaste is welkom om te kom proe.

Verblyf is op 'n Kaap-Hollandse Landgoed uit 1790, met tradisionele wit mure en gewels, asook 'n rustieke restaurant in 'n werkende distilleerkamer, en kamers waar die ou bekoring gekombineer is met gerief. Elke kamer het lugversorging, ondervloerse verhitting, DVD-speler, TV, wyn-yskas, gratis WiFi, kluis en tee- en koffiemaakgeriewe. Elke kamer het 'n eie private ingang.

Daar is 5 selfsorgkamers, kothuise vir 1 tot 5 gaste, sommige met 'n braai of 'n kaggel. Die goed toegeruste kombuisies het eetgerei, breekware, potte, panne, oond, en/of stoof, mikrogolfoond en yskaste. Gaste met gestremdhede kan geakkommodeer word in 'n gerieflike kamer op die grondvloer. Die ruim Stone Cottage is privaat en bekend onder nuut getroude paartjies.

Vir vermaak is daar petanque, biljart, 'n swembad, opelug tennistafel en 'n groot skaakstel. 'n Opgeleide onderwyser bied perdrylesse en uitritte vir kinders en volwassenes. Daar is ook twee vriendelike honde, katte, ganse, volstruise en alpakkas. Hulle is van die vriendelikste diere en sal naderkom as jy roep. Besoekers moet asb. hulle respekteer, hulle is nie troeteldiere nie.

Die gesellige restaurant kombineer kulinêre inspirasies met klassieke Europese en Indonesiese kookkuns. Gaste kan die daaglikse spesiale aanbiedings, wildgeregte, soppe en nageregte geniet. Gaste kan ontspan onder die skaduryke eikebome, of binne die distilleerkelder met groot vate en gesellige kaggels, ook in die somer.

Let asb. daarop dat die damme op die plaas nie omhein is nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Wynkelder
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oude Wellington Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 220 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za