Heroldsbaai Akkommodasie by Oupa se Pitte | LekkeSlaap
+55

Oupa se Pitte

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 17 Apr 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gericke's Corner 2, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 900 R1 330 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Oupa se Pitte is 'n vakansiehuis wat uit 2 moderne en gerieflike selfsorg-eenhede bestaan. Dit is die derde huis vanaf die rotse en spog met uitstekende uitsigte en direkte toegang tot die strand. Elke eenheid het ’n balkon wat na die see front met ’n ingeboude braai.

Die eenheid op die eerste verdieping het slaapplek vir 8 gaste. Daar is 'n pragtige slaapkamer wat na die see front en oor 'n koningingrootte-bed beskik. Die gesinskamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed, ’n aparte ingang aan die agterkant en ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is ook ’n bed vir 2 kinders in die leefarea. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n eetarea. Die oopplan-leefarea lei na die balkon en bestaan uit 'n sitkamer met 'n TV met DStv en 'n eetarea. Die kombuis is toegerus met al die nodige toebehore, insluitend 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond en 'n yskas-vrieskas.

Die eenheid op die grondverdieping het slaapplek vir 6 gaste. Daar is 'n pragtige slaapkamer wat na die see front en oor 'n koningingrootte-bed beskik. Die ander 2 kamers het elkeen 2 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers, 'n volledige badkamer met ’n bad, stort, wasbak en 'n toilet in die eenheid en 'n tweede badkamer buite met ’n stort, toilet en 'n wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n sitkamer en 'n eetarea met pragtige stapeldeure. Die kombuis is toegerus met al die nodige toebehore, 'n vierplaatstoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv.

Die eenhede deel 'n agterplaas met 'n opwaskamer waar daar ’n wasmasjien, tuimeldroër, ekstra vrieskas en ’n buitestort is om die seesand af te spoel. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien. Gratis WiFi is beskikbaar.

Oupa se Pitte is in die hartjie van die pragtige Tuinroete met sy ongerepte natuurskoon wat sand, see, son, riviere, berge, mere, grotte en woud insluit. Hierdie skilderagtige, beskutte baaitjie betower menige vakansiegangers. Die George Museum bevat sketse en foto's wat vertel hoe ossewaens met tente, goedere en knegte op die strand gekamp het.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 54 resensies vir Oupa se Pitte
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Gericke's Corner 2, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oupa se Pitte het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 900
Vanaf R1 330
per nag (plek vir 6)
was R1 900
Vanaf R1 330
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Gericke's Corner 2, Heroldsbaai, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAInrlJ9CAClPlD7EB0SkHeTwF5MnsGyBFcWhXi4KkmuxEduovNm?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 900, nou Vanaf R1 330  per nag (plek vir 6) 54 5 1 5 2 Gericke's Corner Herolds Bay 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-00:00 09:00 -34.054161664349 22.394007146358
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za