Outeniqua Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Outeniqua Inn is 'n liefliek gastehuis in George wat verblyf in 'n verskeidenheid pragtige kamers bied.

Gaste kan kies tussen die Mount Fiji-, Mount Everes-t, Kilimanjaro-, Switserse Alpe-, Mont Blanc- en Tafelberg-kamers wat elkeen slaapplek vir 2 mense bied. Die kamers beskik elk oor 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word op versoek. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Al die kamers het lugversorging, TV's met DStv, WiFi-toegang, kluise vir waardevolle items en koffie- en teemaakgeriewe. Sommige van die kamers het ook 'n lessenaar. Mount Everest, Switserse Alpe en Mont Blanc bied privaat toegang tot die swembad. Al die kamers word daagliks skoongemaak.

'n Smullekker ontbyt word by die tariewe ingesluit en aandete is op versoek beskikbaar. Gaste kan by die swembad ontspan of gebruik maak van die braaigeriewe wat beskikbaar is.

Die Outeniqua Inn is 300 m van die George Gholfklub af en net 'n entjie se ry van York Hoërskool, PJ Langenhoven Hoërskool, verskeie besighede, die middedorp en George Lughawe af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Outeniqua Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R940 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za