Owl's Inn Bed & Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Owl's Inn Bed & Breakfast is net 'n hanetreetjie van die N2-hoofweg af geleë in Kwambonambi, 'n vreedsame dorpie slegs 22 km noord van Richardsbaai en Empangeni. Die huis word omring deur 'n groot tuin en skaduryke inheemse bome.

Die B&B bied 2 en suite-slaapkamers en 2 kamers wat 'n badkamer deel, laasgenoemde teen laer tariewe. Elkeen van die kamers bied 'n uitsig oor die tuin, lugversorging, 'n kluisie, 'n plafonwaaier, platskerm-TV met DStv, 'n ADSL-koppelpunt vir jou skootrekenaar, 'n yskas, gratis koffie- en teemaakgeriewe en 'n hartlike ontbyt.

Die huis bied 'n ruim ontspanningsarea met 'n swembad en volledig toegeruste braaigeriewe. Binne is daar 'n ruim, gerieflike sitkamer en 'n aparte rookarea langs die slaapkamers, wat bereik kan word deur 'n sonnige, ingeslote binnehof.

Die eiendom van 6000 m² is heeltemal omhein en uiters veilig en ons bied parkeerplek agter 'n afstandbeheerde skuifhek.

Die verblyf is ideaal vir sakereisigers en, op versoek, kan ons ook wegneem-middagetes en tuisgekookte aandetes voorsien. Daar is ook 'n mini-gimnasium langsaan die ontspanningsarea vir gaste se gebruik. Die mooi versorgde Kwambo Gholfbaan en Klub is binne stapafstand van ons geleë.

Alhoewel Kwambonambi 'n stil dorpie is, is dit die ideale basis van waar jy al Zululand se besienswaardighede kan verken. Dit sluit St Lucia se Wêrelderfenisgebied en die Hluhluwe Wildreservaat in.

Ons is die perfekte halfweg-stop vir reisigers tussen Durban en Pongola, Swaziland en Maputaland.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Owl's Inn Bed & Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za