Oyster Bay Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Op die Nippertjie-aanbod 25 % af

Kry 25% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Hierdie luukse vierster-lodge is in 'n privaat kusreservaat tussen Knysna en Port Elizabeth geleë. Dit is in die malariavrye Oos-Kaap in Suid-Afrika en 'n moet-sien bestemming.

Hierdie asemrowende kusreservaat is op 235 ha van ongerepte landskap geleë en grens aan 3,5 km lange privaat strand in 'n prentjiemooi ligging tussen duine, woude, rivierdeltas, valleie, strandmere, perde wat vry rondloop en volop voëllewe - meer as 180 spesies.

Geniet 'n dag se wandel op 'n roete, kyk voëls, ry perd of bergfiets, hou 'n piekniek of gebruik Oyster Bay Lodge as 'n basis om nabye besienswaardighede soos Tsitsikamma Nasionale Park, Addo Olifantpark en Baviaanskloof Reservaat te besoek. Gewaar walvisse vanaf die reservaat, vang vis vanaf ons privaat strand, ry 4x4-roetes en besoek gholfbane in die luukse kusoord van St. Francisbaai.

Verblyf bestaan uit gemaklike gastekamers en luukse losstaande chalets, almal toegerus met en suite-badkamers, onbelemmerde see-uitsigte en privaat stoep. Ons chalets is ook toegerus met ondervloerse verhitting, kombuisie, sitkamer en kaggel.

Ontspan in ons varswater-swembad en ry perd op ons asemrowende privaat strand en duine saam met 'n ervare gids. Geniet 'n drankie en vriendelike geselskap van die gasheer in ons kroeg, met 'n asemrowende uitsig oor die Indiese Oseaan. Ons restaurant bederf gaste met uitstekende kookkuns.

Oyster Bay Lodge bied internetgeriewe en uitstekende selfoon-ontvangs vir die besigheidspersoon of diegene wat kontak met familie en vriende wil maak.

Ons sien uit om jou by ons te verwelkom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Frans
  •  Duits
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oyster Bay Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 680 R2 010 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za