Oyster Catcher

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oyster Catcher is 'n ruim en gerieflike vakansiehuis naby die see met 'n pragtige uitsig in Kaap St. Francis, aan die Oos-Kaap se kus, 105 km wes van Port Elizabeth.

Dié eenheid bied 4 ruim slaapkamers en ruim vertrekke met pragtige uitsigte van wes tot oos oor die Indiese Oseaan. Daar is slaapplek vir 8 gaste. Twee van die slaapkamers het 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het elkeen 2 enkelbeddens. Die 4 slaapkamers deel 2 moderne badkamers, een met ’n stort, wasbak, bad en toilet en die ander met 'n stort, wasbak en toilet.

Daar is 'n ruim kombuis wat toegerus is vir selfsorg, asook 'n ruim oopplan-leefarea met 'n TV wat na ’n balkon met ’n braai lei. Daar is ’n wasmasjien, 'n tuimeldroër en parkeerplek vir 1 voertuig in 'n motorhuis op die perseel.

Gaste kan walvisse, dolfyne en ander seelewe wat in die see baljaar vanuit die huis sien en bekoor word deur die voëlgesang. Gaste kan ook deur die groot vensters kyk hoe skepe verby die Kaap St. Francis-vuurtoring seil.

Kaap St. Francis is ’n bekende en gesogte bestemming vir toeriste en dien as ’n ideale basis vanwaar gaste die ongelooflike mooi Oos-Kaapse kus en Suidkus kan verken.

Die pragtige witsand-strand, asemrowende rotskus en die Kromrivier is baie gewild onder besoekers aan Kaap St. Francis.

Kaap St. Francis is wêreldbekend vir sy uitsonderlike branders wat branderplankryers van regoor die wêreld lok.
Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit in 'n aanloopbaan vir vliegtuie, staproetes in en om die reservate, eiendelose staproetes langs die kus, die vuurtoring wat al ’n bekende landmerk is sedert 1878, hengel vanaf rotse en strand, snorkel en spieshengel, diepsee-hengel, vlieërbranderry, kanovaart, kajakvaart, swem, tennis, valskermspring, en skemerkelkies op die rotse. Gaste kan ook winkels en restaurante in die dorp besoek, riviervaarte met skemerkelkies op die Kromrivier onderneem, wildreservate in die omgewing besoek, en op daguitstappies na die Addo Olifantpark, Baviaanskloof Provinsiale Park en nog vele meer gaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Oyster Catcher sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oyster Catcher gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za