Paddatjiesrus

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Paddatjiesrus is in in die kusdorpie, Struisbaai, in die Overberg geleë en is baie naby die mees suidelike punt van Afrika. Dis 'n gewilde vakansiebestemming onder kenners van die area. Die eenhede is slegs 60 meter vanaf die see en elke eenheid het pragtige see-uitsigte.

Daar is 3 eenhede beskikbaar en elke eenheid het 'n see-uitsig.

Linda is 'n dubbelslaapkamer met slaapplek vir 2. Dié kamer het 'n leefarea en 'n kombuisarea. Die badkamer beskik oor 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n privaat buitebraai.

Cedelle bied slaapplek vir 2 gaste met 'n ekstra bed vir 'n kind onder 12 jaar. Ons bied 1 dubbelslaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die badkamer beskik oor 'n hoekbad en moderne spa-stort. Die badkamer is oop, maar daar is 'n gordyn vir privaatheid. Daar is 'n aparte sitkamer en 'n kombuis met 'n ekstra bed vir 'n kind onder 12 jaar. 'n Buite-braai is ook beskikbaar.

Sune het slaapplek vir 4 gaste. Daar is 1 en suite-dubbelkamer en 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens, ook met 'n en suite-badkamer. Die eenheid het ook 'n leefarea en 'n kombuis met braaigeriewe buite.

Alle linne en handdoeke is beskikbaar. Die kombuis is elkeen toegerus met 'n dubbeldeur-yskaste, 'n tweeplaatstoof, 'n mikrogolfoond, 'n broodrooster, 'n ketel en eetgerei. Daar is TV's in al die eenhede. Ons bied ongelukkig nie kamerdiens, ontbyt of aandete nie. Elke eenheid het sy eie braaiplek en daar is 'n groot grasperk vir die kinders om op te speel.

Ons is bykans 60 m vanaf die see.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paddatjiesrus gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R467 per nag (plek vir 2)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za