LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Pakamisa Private Game Reserve | LekkeSlaap
+25

Pakamisa Private Game Reserve

Wildsplaas
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pakamisa Lodge, R66, Mkuze, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 300 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Pakamisa. Die naam in Zoeloe beteken "om op te lig". Hier kan gaste dus verseker wees van 'n ligte gemoed en 'n vrolike Afrika-ervaring.

Verblyf word aangebied in 8 luukse suites. Elke suite het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n baie ruim slaapkamer, aparte leefarea, elegante badkamer en privaat stoep wat uitkyk oor die Pongola-vallei. Dit is die perfekte plek om weer asem te skep en die geriewe van 'n koel en ruim eenheid met eindelose uitsigte te geniet.

Etes word in die El Prado restaurant bedien en aandetes sluit 'n uitstekende viergang-fynproewersmaal in. Ontbyt is luilekker en bestaan uit 'n volledige Europese Kontinentale en Engelse ontbyt. Middagetes kan ook in die restaurant genuttig word, of langs die swembad of in die bos.

'n Verskeidenheid doendinge is beskikbaar op die perseel, van die tradisionele wildritte en boswandelinge tot boogskut, haelgeweerskiet, kleilatskiet en saalsafari's. Pakamisa is die tuiste van 'n versameling manjifieke Arabiese perde wat uitstekend opgelei is deur die eienaar.

Pakamisa is roofdier- en malaria-vry wat 'n veilige omgewing skep vir 'n verskeidenheid aktiwiteite wat jonk en oud sal vermaak en nie gewoonlik beskikbaar is in Groot 5 reservate nie. Let wel dat Pakamisa nie 'n Groot 5-reservaat is nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Portugees
  • Spaans
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Pakamisa Lodge, R66, Mkuze, 3170, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R4 300
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R4 300
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pakamisa Lodge, R66, Mkuze, 3170, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1ODE2OGUxLTI4NjMtNDQwZC04N2E3LWFkODFiMWQ1ZTY2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R4 300  per nag (vir 2 persone) Pakamisa Lodge R66 3170 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-17:00 10:00 -27.460406 31.561691
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!