Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Palms on Protea

  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 80, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Palms on Protea is 'n moderne woonstel vir 6 in Struisbaai en dis net 650 m van die strand af.

Die ruim woonstel is op die eerste verdieping en bied slaapplek aan 6 persone. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis en 'n leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en lei na die balkon. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koningingrootte-bed omskep kan word en daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die kamers deel 'n badkamer wat 'n hoekbad, stort, wasbak en 'n toilet het.

Die oopplan-kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas tee- en koffie stasie toegerus. Daar is ook 'n werksoppervlak, 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n ysmasjien. Die kombuis-eiland het 'n uittrek elektriese prop indien gaste daar wil sit en werk.

Gaste kan in die sitkamer met 'n knus sitarea, 'n TV met DStv en 'n binnebraai ontspan. Gaste moet asb. hul eie hout saambring. Die woonstel maak van sonkrag gebruik.

Die leefarea lei na 'n balkon met 'n gedeeltelike see-uitsig. Daar is geriewe om vis skoon te maak buite onder die woonstel se trap, sowel as parkeerplek vir 'n boot. Parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.

5 GB gratis data word verskaf, daarna is gaste welkom om meer data te koop.

Die instansie het 'n Nova Sport Fisher boot wat beskikbaar is as 'n hengelboot of vir plesierritte as die weer dit toelaat. Happies vir op die boot is ook beskikbaar op versoek. Die kostes sal bepaal word volgens behoeftes tydens bespreking. Strandhengel-uitstappies kan ook gereël word vir dié wat nie graag see toe gaan nie en nie visstokke ens. saamgebring nie.

Struisbaai bied verskeie doendinge, soos swem, visvang, kajakvaar, branderplankry, vlieërplankry, walviskyk tussen Julie en Augustus en voetslaanroetes in die omgewing. Gaste kan ook 4 km tot by L'Agulhas ry om die Quoin Point-vuurtoring en die Cape Agulhas Lighthouse Museum te besoek en 'n foto neem by die Suidelikste Punt van Afrika waar 'n landskaart volgens skaal in 3D uitgebeeld is.

Slaapplek

’n Bespreking by Palms on Protea sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 36 resensies vir Palms on Protea
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Sheila Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Jaar gelys 3

Ligging

  • Proteaweg 80, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Palms on Protea het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Proteaweg 80, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA87b08a0aa35f2d2257954eb4b6586a3825f73f2e54d9276de41cb05936b14b95ae7efaf5144401b6183788782a6f3e6d4132?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6) 36 5 1 5 80 Protea Road Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.7967318 20.0435089
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem