Panacea

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Panacea is 'n vyfslaapkamer-villa met 2 verdiepings in Kampsbaai. Stap op die strand of ry op die beeldskone kuspad na Clifton, die stadskern en die V&A Waterfront. Die villa is vernoem na die Griekse godin van genesing "Panacea" en is die perfekte plek vir ontspanning en verkwikking.

Geniet die wonderskone uitsig oor die Atlantiese Oseaan en Leeukop vanuit die oopplan-sitkamer en -eetkamer wat op 'n groot houtdek met 'n eetarea en Jacuzzi oopmaak. Sonstoele op die dek bied die perfekte geleentheid vir totale ontspanning. Die moderne kombuis is ook oopplan en die eetkamer het sitplek vir 10 en is volledig toegerus met 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die en suite-badkamer het 'n stort en bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en is op die boonste verdieping geleë. Die vierde slaapkamer is op die tussenvlak en het 'n dubbelbed. Die vyfde slaapkamer het 'n aparte ingang en 'n dubbelbed. Al die slaapkamers het en suite-badkamers en die mooiste uitsig oor die see.

Die huis word daagliks skoongemaak, behalwe op Sondae en openbare vakansiedae. Die huis sluit ook dienste soos WiFi, 'n alarmstelsel wat 24 uur per dag gemonitor word, DStv, 'n kaggel, lugversorging, swembad en 'n Jacuzzi. Die perseel is langs The Little Glen wat die perfekte plek vir pieknieks is waar kinders die hele dag kan baljaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Panacea sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Panacea gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 375 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za