LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Panda's Guest Cottage | LekkeSlaap
+44

Panda's Guest Cottage

Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Panda's Guest Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.8/5
Andries K - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andries K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Die eienaars was besonders vriendelik en het deurentyd gesorg dat ons tevrede bly.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Dankie Andries was lekker om julle by ons plekkie te kon he. Altyd welkom.

Panda's Guest Cottage
Johan N - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Na 'n hartlike ontvangs kon ons rustig in 'n pragtige omgewing en lieflike plekkie ontspan.

Ons is vriendelik deur Laetitia ontvang en het deur 'n pragtige, goedversorgde, interessante tuin vol verrassings na ons plekkie geloop. Wat 'n openbaring! Alles was van die beste kwaliteit en het van goeie smaak getuig. Laetitia het aan elke moontlike behoefte gedink en daarvoor voorsiening gemaak (byvoorbeeld pleisters, hoofpynpille en 'n verlengkoord). By die gerieflike gemakstoele was daar sjerrie met glasies en sjokolade reggesit. Daar was nie net suiker nie, maar wit en bruin suiker en versoeter. Daar was nie net seep nie, maar ook badkristalle, skuimbad en stortseep. Daar was selfs tandestokkies! Daar was nie net goeie koffie nie, maar ook moerkoffie. Buite was 'n gesellige, private braaiplekkie onderdak, met silwerskoon roosters en 'n tafeltjie met twee stoele. Die matras was uit 'n ander wêreld en die linne kraakskoon en keurig. Die enigste fout is dat ons net een nag daar geslaap het - wat 'n jammerte! Ons wil beslis weer gaan! Ons sal Panda Guest Cottages met groot vrymoedigheid aanbeveel!

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Baie dankie Johan en Christa sal daarvan hou on julle weer hier te he. Was heerlik om julle te ontmoet

Panda's Guest Cottage
Neel R - Sep 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Neel R
Gesin met klein kinders

Ons het gekom om te rus. Dit is presies wat ons gekry het.

Ten volle toegeruste eenheid, keurig netjies met heerlike bed. Asemrowende omgewing. Laetitia, ons gasvrou, was vriendelik en behulpsaam.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Baie dankie Neel altyd n plesier om te hoor ons gaste het dit geniet hier by ons. Hoop om julle weer een of ander tyd weer hier by ons te he.
Groete Des en Laetitia Drake

Panda's Guest Cottage
Heather R - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
5/5
Heather R
Saam met vriende

It was lovely.

Letitia was a perfect host, the gardens were beautiful, accommodation comfortable, there were clean towels offered. Great place.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Thank you Heather, we are looking forward to your next visit.

Panda's Guest Cottage
Tys S - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Tys S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlike gasheer en -vrou. Die lekkerste kuier in jare.

Dit was 'n wonderlike ervaring. Ons wou die wilde perde sien en hulle het nie teleurgestel nie. Die verblyf was uiters gerieflik en netjies en die gasheer en -vrou was net die beste. Sal enige tyd teruggaan na hulle.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Baie dankie Tys dit was soos met al ons gaste 'n voorreg en plesier om julle hier te kon hê. Asb kom weer. Tot weersiens. Des en Laetitia

Panda's Guest Cottage
Coen B - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Coen B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelik ontvang gasvry en vriendelike diens. Dankie ons het dit geniet.

Ons was vriendelik ontvang, Des en Leattia gasvry en saam 'n drankie geniet, dankie vir die lekker kuier.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Baie dankie julle, was heerlik om n wyle met julle te kuier. Wat betref die ligging, ons is in n rustige area gelee, kan ongelukkig niks daaraan verander nie, wat betref ons pryse ons probeer ons bes om in die mark te bly, ons sien uit om weer te sien. Julle is altyd welkom.

Panda's Guest Cottage
Petra V - Feb 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petra V

Vriendelik en volledig toegerus.

Hulle het ongelukkig gesukkel met krag, maar dit was buite hulle beheer.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Dankie Petra. Ja, die elektrisiteits probleme raak al hoe moeliker om te oorkom, hande in die hare. Ek hoop en vertrou met julle volgende besoek gaan dit sommer klopdisselboom wees. Sien uit na julle besoek eersdaags. Des en Laetitia.

Panda's Guest Cottage
Magda P - Des 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magda P
Saam met vriende

Heerlik ontspanne in 'n pragtige vriendelike bestemming.

Die kothuis is goed toegerus met 'n klein privaat tuintjie om te ontspan. Die gasvrou se gasvryheid is onoortreflik en ons sal beslis weer by Panda's tuisgaan sodra ons weer in die omgewing is.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Baie dankie Magda, altyd aangenaam om gaste te ontmoet, en beter leer ken. Net so was dit lekker om julle ook hier te he. Kom kuier gou weer asseblief. Groete Des en Laetitia.

Panda's Guest Cottage
Alta V - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alta V
Enkelreisiger

Die reis vanaf die huis na Kaapse Hoop is ’n uitstappie op sy eie.

Die ontvangs van was soos die hek na die hemel. Die detail is uitgespel sodra jou voete uit die motor klim. Die Tuinpaadjie na die voordeur is rustig. Die linne is van genade en koester die sjerrie en sjokolade. Gekunsteld. Die bad is ’n koninklike bederf en sagte handdoeke in oorvloed. Die water is warm en die druk sterk. Die stort is wyd en skoon. Daar is sagte matjies vir jou voete. Woorde sal skaars my verblyf in Panda kan oordra. Ideaal sou mens alleen wou ontsnap en steeds wil deel wees van die lewe wat buite heers, maar hier is jy weg van die wêreld en sy dinge met slegs jouself as bekende. Veilig. In stylvolle hande. Plek van rus. Goed voorberei.

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Alta sjoe, Baie baie dankie vir die pragtige kompliment. Dit maak al die harde werk die moeite werd. Ons sal jou baie graag gou weer wil sien. Seeninge en groete. Des en Laetitia

Panda's Guest Cottage
Marius D - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marius D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike naweek weg

Ons is baie vriendelik deur Laetitia en Des ontvang. Veilige parkering is vir ons aangedui. Die eenheid was pragtig skoon en smaakvol toegerus met alles wat mens benodig. Heerlike privaat buite-area waar ons kon braai was vir ons n groot bonus. Ons het die naweek bitter baie geniet en sal baie graag weer by Panda tuisgaan !

Panda's Guest Cottage's terugvoer

Baie dankie Marius julle, bly julle het dit geniet en lekker gerus. Ons sien julle graag weer.
Ons waardeer julle ondersteuning opreg.
Des en Laetitia

Panda's Guest Cottage
Vanaf
R970
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R970
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R970
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Du Preez-straat 4, Kaapschehoop, 1200, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf0b60831cc72031a0753de905e3127a6c5caf7332f7a8433117b1e080febc5b4891cc412ec1c5a9fb0f8b516d71063c32197?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R970  per nag, vir 2 mense 10 5 1 5 4 Du Preez Street Kaapschehoop 1200 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.5909987 30.7674609
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!