Panorama Hideaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Panorama Hideaway is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel en is in die dorpie Underberg geleë. Die woonstel is heeltemal apart en is baie privaat. Dis onder die hoofhuis geleë en het sy eie ingang en onderdakparkeerplek. Die eenheid is smaakvol gemeubileer, volgens internasionale standaarde. Dit is 'n unieke toevlugsoord met panoramiese uitsigte oor die Suidelike Drakensberge. Panorama Hideaway is in 'n stil en rustige plattelandse area geleë, maar is tog naby die plaaslike winkels vir noodsaaklikhede.

Dié eenslaapkamer-eenheid bied slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed met luukse linne. Die badkamer het 'n groot stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is goed toegerus en het 'n ingeboude tweeplaatstoof, 'n yskas, konveksie-oond, ketel, broodrooster, 'n prutpot, mikrogolfoond en talle ander kombuistoerusting. Die leef- en eetarea bied gemaklike sitplek en 'n TV met volledige DStv. Gratis WiFi is beskikbaar. 'n Piekniekmandjie en waterbestande kombersie word vir uitstappies voorsien.

Daar is 'n muurverwarmer in die sitkamer en slaapkamer en die bed het 'n elektriese kombers met individuele kontroles.

Buite op die stoep is daar buitemeubels en 'n ingeboude braai. Daar is 'n blinding vir privaatheid of die son wat inskyn. Die eenheid in 'n beeldskone tuin geleë en daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is 'n vuurpan en Weberbraai sodat gaste onder die sterre kan braai. Sonsondergange oor die berge is skouspelagtig van daar af. Daar is ook 'n pragtige tuin waar gaste kan sit en die uitsig bewonder.

Panorama Hideaway het 'n kragopwekker vir wanneer die krag afgaan. Daar is ook watertenks.

Let asseblief daarop dat daar 'n kort gruispad is wat na die huis lei.

Gaste is welkom om die paar maklike staproetes in die omliggende area te verken. Dit loop om die kleinhoewes in die omtrek, en daar is 'n paadjie na die Umzimkulu-rivier wat net 1 km ver is. Underberg is bekend vir Sanipas na Lesotho en daar is verskeie voetslaanroetes in Garden Castle-reservaat. As jy op die stoep sit, kan jy die beroemde Giant's Cup sien waar die bekende Sanipas is. Hier is die sonsondergang besonders skouspelagtig aangesien jy oor die uitgestrekte Suidelike Drakensberg, 'n Wêrelderfenisgebied, kan uitkyk.

Panorama Hideaway se naam is baie gepas. Dit is 'n versteekte plattelandse juweel wat smaakvol versier is en asemrowende uitsigte bied. Dit is 'n spesiale wegbreekplekkie vir paartjies wat ons natuurlike erfenis waardeer.

Die gashere kan help met inligting oor die area en voorstelle maak oor doendinge. Daar is 'n nuttige boekie wat wat gaste sal help met inligting oor Underberg en die omgewing. Panorama Hideaway is stil, rustig en veilig.

Slaapplek

'n Bespreking by Panorama Hideaway sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Panorama Hideaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za