Pansy Shell

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pansy Shell is 'n gesogte, omheinde en ruim dubbelverdiepinghuis in die bo-dorp. Dit is 4 blokke van die Hoofstraat af, sowat 7 minute se stap vanaf die middedorp en sowat 20 minute se stap van Lookout-strand af. Dié huis het 'n uitsig oor Keurboomsstrandmeer, Lookout-strand, die Bahia Formosa en die Tsitsikamma-berge.

Pansy Shell het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 en suite-slaapkamers.

Daar is 2 en suite-slaapkamers op die boonste vloer. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word en 'n en suite-oopplanbadkamer met 'n bad, stort en 'n aparte toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-oopplanbadkamer met 'n bad, stort en 'n aparte toilet. Albei kamers het 'n semi-beskutte balkon met uitsigte.

Daar is 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea en nog 'n en suite-slaapkamer op die onderste verdieping. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-oopplanbadkamer met 'n bad, stort en 'n aparte toilet. Die kamer lei na die tuin. Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en lei na die waskamer. Die sitkamer het 'n kaggel en die leefarea het groot glasskuifdeure wat na 'n beskutte dek met uitsigte oor die swembad en tuin lei.

Daar is ook wasgoedgeriewe buite en skoonmaakdienste wat by die huur ingesluit is van Maandag tot Vrydag. 'n Skoonmaakdiens is teen 'n ekstra koste oor naweke beskikbaar.

Die huis het 'n dubbelmotorhuis, 2 ekstra onderdakparkeerplekke op die perseel, sonstoele langs die swembad en 'n swembadnet.

Slaapplek

'n Bespreking by Pansy Shell sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pansy Shell gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 120 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za