Paradise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paradise bied gerieflike selfsorgverblyf in ’n ruim, stylvolle vierslaapkamer-vakansiehuis in Paradise Beach, Langebaan. Die huis het ’n ontspanne strandstyl en is stapafstand van die pragtige Paradise Beach af. Dié goed gereguleerde area bied ’n veilige omgewing vir kinders om in te speel en op hul fietse te ry.

Die dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers wat elk ’n koningingrootte-bed het en die kamer op die onderste verdieping het ’n stapelbed. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer met ’n stort, wasbak en toilet, en die tweede en derde slaapkamer deel ’n badkamer met ’n bad en stort. Die vierde kamer het ’n privaat badkamer met ’n stort, wasbak en toilet.

Die huis het ’n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met ’n vyfplaat-gasstoof, oond, mikrogolfoond, yskas en ’n kombuis-eiland. Die sitarea het leerbanke en ’n TV met volledige DStv.

Daar is opvoudeure wat lei na ’n ruim onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe, ’n tafel, banke en stoele, waar gaste heerlik kan ontspan en die seebries geniet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring. Daar is 2 motorhuise wat veilige parkeerplek bied.

Die ligging bied toegang tot Langebaan se besienswaardighede, soos Club Mykonos en Laguna Mall, wat net af in die pad is. Langebaan is ’n wonderlike vakansiebestemming met restaurante wat oor die see uitkyk en pragtige strande. Langebaan Country Estate en gholfbaan is slegs 12 minute se ry van dié huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Paradise sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
1 x Koningingrootte-bed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paradise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 850 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za