LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+18
Selfsorg in Elandshoek Rayton

Paradox Country Escape

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Geert D
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
5.0
Aug 2026

Baie lekker en naby Pretoria. Baie lekker gebly. Dit is 'n 3-slaapkamerhuis met letterlik alles ekstra groot. Lieflike kombuis. Sam en Iza gaan uit hulle pad om jou tuis te laat voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Iza
Paradox Country Escape
Baie dankie vir die wonderlike terugvoer! Ons is so bly julle het die ruim huis en kombuis geniet en tuis gevoel. Dit was 'n plesier om julle te huisves — julle is enige tyd weer baie welkom.

Suzette P
Kort verblyf ⋅ Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2026

Heerlik, rustig en heeltemal voldoende. Gasheer en Gasvrou viendelik en baie ga. Ons het heerlik gebly. Sou graag nog 'n nag wou oorslaap. Iza het vir ons 'n heerlik kosmandjie, (ligte ete) gepak wat wel addisioneel was maar dit was heerlik vars voorberei en baie lekker. Slaapplek was skoon en netjies, geriewe was meer as voldoende en die lekkerste was die heerlik warmwater stort. Hoewel hul heeltemal onafhanklik van Escom is, was die solar voldoende vir krag en gas vir warm water en die stoof het 100% gewerk. Ons het regtig heerlik gebly en die ligging was perfek aangesien ons daarnaby 'n troue moes bywoon. Baie dankie aan Iza en Sam.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Iza
Paradox Country Escape
Baie dankie vir julle besondere mooi terugvoer! Dit was ’n groot plesier om julle te huisves, en ons is so bly julle het die kosmandjie, geriewe en rustige verblyf geniet. Julle is enige tyd weer baie welkom — dalk volgende keer vir daardie ekstra nag!

Francois S
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2026

Lieflike plek, maar die poue se geskreeu in lentetyd bemoeilik slaap. Die plek was skoon en ruim, en die tuin lieflik! Die poue was pragtig, maar in die lentetyd skreeu hulle verskriklik, asook dwars deur die nag.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Iza
Paradox Country Escape
Baie dankie vir julle terugvoer. Ons is bly julle het die skoon, ruim verblyf en lieflike tuin geniet. Ons verstaan egter dat die poue se geroep in die lentetyd, veral snags, steurend kan wees — dit is ongelukkig deel van die natuurlike omgewing gedurende hul broeiseisoen.

Richard M
Kort verblyf ⋅ Saam met vriende
4.6
Sep 2026

Dit was ons basis om Cullinan en omgewing te verken. Baie sentraal! Vreedsaam. Ons het heerlik hier gebly. Sam en Iza is wonderlike gashere! Dis lekker sentraal. Die plek is lieflik, ruim en goeie waarde vir geld. Sal beslis weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Iza
Paradox Country Escape
Baie dankie vir die mooi terugvoer! Dit was heerlik om julle te kon huisves. Ons is bly julle het die rustige omgewing, sentrale ligging en verblyf geniet. Julle is enige tyd weer baie welkom by Paradox Country Escape.

Heidi V
1 nag ⋅ Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2025

Sam is 'n fantastiese gasheer. Ons het heerlik gebly, regtig 'n plaas weg van die plaas af, pragtige omgewing en die tuin is iets uit 'n boek! Die huis woon baie lekker en het alles wat jy benodig. Sal vir seker weer kom kuier!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Iza
Paradox Country Escape
Baie dankie, Heidi, vir die pragtige terugvoer! Ons is so bly julle het die rustige “plaas weg van die plaas af”-atmosfeer en die tuin geniet, en dat die huis alles gehad het wat julle benodig. Sam is ’n fantastiese gasheer en hy waardeer julle woorde opreg. Dankie ook vir die 4/5 vir netheid — ons span is reeds daarop om dit nóg beter te maak. Ons sien uit daarna om julle binnekort weer te verwelkom!

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Iza Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Op LekkeSlaap 1 jaar

Antwoord gewoonlik binne 4 ure
Vanaf
R3 300
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R3 300
per nag, vir 6 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R3 300
per nag, vir 6 mense
Bespreek

88 Tambotie Avenue, Elandshoek Farm 337 Portion 88, Rayton, 1001, Gauteng

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2ec11c9f3f1bf75ec633acac382ea1ced894cf64e4638980d605a640efe21de52ea326b69366e6011d5af995cd285f8c7171?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 300 per nag, vir 6 mense 5 5 1 5 88 Tambotie Avenue Elandshoek Farm 337 Portion 88 1001 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.737739875966 28.511078973706
Soek in 'n groter streek