LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Paternoster Hotel | LekkeSlaap
+44

Paternoster Hotel

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 43 resensies vir Paternoster Hotel
Netheid
4.0/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.0/5
Albert T - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Albert T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik. Dankie.

Kamers is skoon en netjies. Personeel was baie vriendelik.

Paternoster Hotel's terugvoer

Baie dankie vir die positiewe terugvoering!
Ons waardeer dit opreg.
Groete en hoop ons sien julle sommer gou weer.
Elmare - Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Gert  - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Gert
Gesin met klein kinders

Teleurstellend.

Die hotel en diens het baie agteruit gegaan vandat ons 4 jaar gelede daar was.

Andrew W - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Andrew W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie warm water nie. Koue stort! Die kombuis kon nie koffie voorsien nie, want hulle het ‘n water probleem.

Sal eerder ander opsies oorweeg.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie middag Andre W,

Die hele Paternoster se water af a.g.v 'n hoof pyp wat gebars het en ons kon niks doen daaromtrent nie. Daar het deur die nag van julle verblyf 'n geyser gebars wat ongelukkig van tyd tot tyd gebeur, dit was dieselfde dag nog vervang.

Groete,
Paternoster Hotel Span lid

Paternoster Hotel
Leondri F - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
2/5
Diens
1/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Leondri F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit het voldoen.

Sal nie weer hier tuisgaan nie. Swak dienslewering op alle vlakke. Vir wat hulle vra per nag kon ons by gastehuis ingeboek het vir dieselfde koste. Hul standaarde is baie laag. Lank gewag by ontvangs net om deur 'n onder die invloed man verwelkom te word. Absoluut onaanvaarbaar.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie middag Leondri,
Baie dankie dat u die tyd geneem het om terugvoering te gee. Dit is vir ons 'n groot teleurstelling as gaste nie hul verblyf by ons geniet het nie. By Paternoster Hotel streef ons daarna om elke gas se kommentaar, hetsy dit positief of negatief is, te gebruik om ons standaarde beter te maak.
Namens die bestuur kan ek die terugvoering en versekerheid gee dat ons maatreëls in plek gestel het om hierdie tipe situasies te voorkom en te verhoed.
Vriendelike Groete,
Elmare
Bestuurder Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Adriaan S - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adriaan S
Enkelreisiger

Uitstekende diens en vriendelike personeel.

Netjiese, skoon kamers met die vriendelikste, hulpvaardigste personeel! Uitstekende kos! Beslis waarde vir geld!

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie môre Adriaan,

Baie dankie vir die wondelike resensie! Hoop ons sien u vinnig weer ☺

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Ontvangs
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Hans H - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Hans H

Akkommodasie, diens, uitstekend, personeel vriendelik en baie effektief.

Personeel het ons inboek tyd sonder moeite vervroeg - gesorg dat ons rugby-kyk geniet - ons ingelig oor besienswaardighede in Paternoster, slaapkamers netjies en gerieflik. Ontbyt het 'n unieke eie smaak en geur, nie soos in stereotipiese ketting-eetplekke.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie môre Hans,

Baie dankie dat u die tyd geneem het om so 'n wonderlike resensie te skryf! Ons hoop julle kom kuier gou weer!

Vriendelike groete,
Paternoster Hotel Span lid

Paternoster Hotel
Etienne H - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Etienne H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Paternoster Hotel het 'n lang geskiedenis en great mense met kamers wat baie mooi oorgedoen word, goeie waarde vir geld.

My vrou en ek het vir 4 aande in die Paternoster Hotel gedurende Oktober 2019 gebly. Die nuwe see-uitsigkamers is onlangs oorgedoen, pragtig, gerieflik en skoon. Die personeel is baie vriendelik en die kroeg is gesellig met baie locals wat dit besoek. Die kos goed en alles goeie waarde vir geld. Sal weer wil teruggaan.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie middag Ettiene,

Baie dankie vir u lieflike resensie! Hier by die Hotel wil ons al ons gaste laat tuis voel en ons is bly u het u tyd hier by ons geniet!

Ek hoop ons sien u gou weer ☺

Vriendelike groete,
Paternoster Hotel Span Lid

Paternoster Hotel
Karicka D - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Karicka D
Gesin met klein kinders

Dit was heerlik.

Dit was lekker om daar te bly. Almal is so vriendelik.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie môre Karicka D,
Baie dankie vir die tyd wat u geneem het om so 'n mooi resensie te skryf! Hoop ons sien u gou weer!
Vriendelike groete,
Anja

Paternoster Hotel
Hennie M - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Hennie M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Redelik aangenaam.

Die kamer was netjies en modern met 'n see-uitsig. Ontbyt was heerlik en die personeel was hulpvaardig. Die hotel is in die hoofstraat so daar was heelwat verkeer en die geraas wat daarmee saamgaan. So nie die rustigste atmosfeer wat mens by 'n klein Weskusdorpie sal verwag nie. 'n Kluis of ten minste 'n sluitbare kas in die kamer sal welkom wees. Maar ons het heel lekker gebly.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie môre Hennie,

Baie dankie dat u die tyd geneem het om u terugvoering te skryf, dit word opreg waardeer.

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Ontvangs

Paternoster Hotel
Marie J - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marie J
Enkelreisiger

Verblyf vir 2 nagte.

Ek het 'n vriendelike en hartlike ontvangs ontvang. Die beste van alles was dat ek 'n veilige plek gehad het om my fiets te bêre. Die personeel is kundig oor Paternoster en is bereid om iemand te adviseer waarheen om te gaan.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Two night stay.

I was given a friendly and warm welcome. For me, the best of all was having a safe spot to store my bicycle. The staff are knowledgeable about Paternoster and willing to advise one where to go to.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Paternoster Hotel's terugvoer

Good morning Marie J,

Thank you so much for staying at Paternoster Hotel, it was a pleasure having you here!

Paternoster Hotel
Surina S - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Surina S
Saam met vriende

Perfekte ligging.

Goeie waarde vir geld! Ons het net een nag oorgebly. Eenheid was netjies, skoon en gemaklik. Lekker ontbyt ingesluit!

Paternoster Hotel's terugvoer

Hallo Surina S,

Baie dankie vir die mooi resensie, dit was net so lekker om julle te kon huisves! kom kuier gerus weer!

Vriendelike groete,

Anja Raubenheimer
Paternoster Hotel Span Lid

Paternoster Hotel
Lianie E - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lianie E

Netjies in stand gehou.

Die hotel is oud maar is onlangs opgegradeer. Die kamers is pragtig en skoon. Ons is vriendelik verwelkom. Lekker warm komberse ontvang!

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie middag Lianie,

Dit was 'n absolute plesier om julle hier te kon huisves! Baie dankie en kom kuier gerus weer.

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Paternsoter Hotel Span lid

Paternoster Hotel
Anita B - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Anita B
Gesin met tieners

Teleurgesteld.

Diens en verwelkoming by ontvangs was swak en personeel was onvriendelik by ontbytsaal. Ligging van hotel is goed maar kamers kort opgradering.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie more Anita B,

Ek is jammer om dit te hoor! Ek is bly om te kan sê ons is tans besig met die opgradering van die kamers.
Kom kuier asb weer vir ons sodat julle die ware gasvryheid van Paternoster kan ervaar.

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Paternoster Hotel Span lid

Paternoster Hotel
Marina V - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marina V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons was sommer dadelik verlief op die mooi dorpie.

Die hotel is 'n ou gebou maar baie geskiedkundig. Die kamer was pragtig en baie netjies, en het ons werklik heerlik gebly.

Desmond N - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Desmond N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Het wegbreek by hotel baie geniet.

Tuis by die see. Sal terug wees.

Bendri G - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Bendri G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bekostigbaar en skoon!

Baie lekker gebly. Almal is vriendelik en die kos was ook lekker.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie more Bendri,

Baie dankie, dit was 'n plesier om julle hier te hê! Kom gerus weer :-)

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Ontvangs
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Danél C - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danél C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese diens, gemak en bekostigbaar.

Die hotel is ideaal geleë. Elke plek wat ons wou besoek is stapafstand van daar af. Die verwelkoming en diens wat ons met aankoms ontvang het was goed en het deur ons verblyf aangehou. Die ontbyt wat ingesluit was is heerlik en baie vullend. Hoogs aanbeveelbaar. Ek sal almal aanbeveel om by die hotel te gaan bly en die bekende Panty Bar te besoek vir 'n drankie.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Amazing service, comfort and affordability.

The hotel is perfectly situated. Every place we wanted to visit is literally within walking distance. The welcome and service we received upon arrival was amazing and this continued throughout our stay. The breakfast, which was included, is scrumptious and very filling. Highly recommended. I would encourage anyone to stay at the hotel and to visit the infamous "Panty Bar" for a drink!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Paternoster Hotel's terugvoer

Good morning Danel,

Thank you so much for the lovely words, I look forward to welcoming you again.

Kind regards,
Anja Raubenheimer
Reception
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Petro H - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Petro H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik, sorgeloos.

Beslis 'n wenner.

Aukeline D - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Aukeline D
Saam met vriende

Baie gerieflik.

Die personeel by Paternoster was baie behulpsaam en vriendelik. Lekker gebly, dankie. Ontbyt en aandete. Baie lekker.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeiedag Aukeline,

Baie dankie vir die mooi woorde!
Kom kuier gerus weer vir ons.

Vriendelike groete,
Anja
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Christa L - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christa L
Saam met vriende

Ons het wonderlike diens van al die personeel ontvang. Die kroegmanne inkluis. Dankie dat julle niks ontsien het om ons vakansie perfek te maak nie.

Die hotel is perfek geleë en die personeel baie vriendelik. Etes was smaaklik en ons vakansie was spesiaal.

Qingwei W - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Qingwei W
Gesin met klein kinders

Good reception and good breakfast, the rate is a little high, maybe all in the area are higher.

See stars.

Karimma E - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Karimma E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Warm, vriendelike en wonderlike mense!

Ons was regtig terug gevat na eenvoudige dae, met lekker kos, vriendelike hulp! Wonderlike deel van ons land!

Bevan V - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Bevan V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Friendly.

Friendly and very comfortable.

Paternoster Hotel's terugvoer

Hi Bevan,

Thank you for the lovely words.

Have a wonderful day.

Kind regards,
Anja Raubenheimer

Paternoster Hotel
Sheila H - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Sheila H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Room no 1 was great, large ,clean and sea view, but think this view might disappear with new building across the road.

Room 1 great private balcony. But view might disappear!

C .j. (anirie) T - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
C .j. (anirie) T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantasties.

Het 'n wonderlike tyd gehad. Geen klagtes. Diens goed, kos groot porsies en kamers netjies. Kragprop op ongemaklike plek, veral as mens jou hare blaas. Andersins geen klagtes.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie more Anirie

Baie dankie vir die mooi resensie. Kom kuier gerus weer enige tyd hier by ons.
Lekker dag verder.

Vriendelike groete
Anja Raubenheimer
Ontvangs
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Geo L - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Geo L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Baie lekker gekuier en dit is als wat ons verwag het. Vriendelike mense.

Paternoster Hotel's terugvoer

Beste Geo,

Baie dankie vir die mooi resensie. Kom kuier gerus weer!

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Ontvangs, Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Koos B - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Koos B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie vriendelik en personeel gee die Hotel 'n regte vakansie-atmosfeer. Dankie.

Baie goed ontvang. Pesoneel baie vriendelik en mensgerig. Die restaurant het 'n baie goeie vakansie-atmosfeer en hul kos is baie goed.

Paternoster Hotel's terugvoer

Hi Koos,

Baie dankie vir die mooi woorde. Kom gerus weer.

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Ontvangs
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Werner G - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Werner G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik.

Baie aangenaam. Heerlike rusplek.

Paternoster Hotel's terugvoer

Hi Schalk

Baie dankie vir die mooi woorde, julle is enige tyd weer welkom hier by die Hotel.
Ons hoop jy het `n wonderlike dag verder.

Vriendelike groete
Anja Raubenheimer
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Tertius B - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Tertius B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie sentraal.

Die kamers is skoon en lekker om in te bly. Behalwe vir die ontbyt wat baie lank gevat het, was dit baie aangenaam vir 3 dae. Sal vir seker weer daar aandoen.

Paternoster Hotel's terugvoer

Hi Tertius,

Baie dankie vir die mooi resensie. Asook dankie vir die terugvoering oor die ontbyt, ons sal daaraan aandag gee.

Ons hoop jy het `n wonderlike dag verder.

Vriendelike groete
Anja Raubenheimer
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Rehard S - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rehard S
Saam met vriende

Uitstekende gasvryheid en uitnemende diens.

Baie dankie vir goeie en uitstaande diens. Baie dankie aan die vriendelike hotelpersoneel en goeie diens.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie middag Rehard,

Baie dankie vir die wonderlike resensie. Dit was net 'n plesier om julle hier by die Hotel te kon hê.

Hoop ons sien julle gou weer.

Vriendelike groete,
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Lynette C - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Lynette C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangenaam.

Gerieflike, netjiese kamer.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeiedag Lynette,

Baie dankie vir die terugvoering, dit was `n plesier om julle hier by ons te kon hê!

Vriendelike groete,
Anja Raubenheimer
Paternoster Hotel

Paternoster Hotel
Lynette F - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lynette F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dis 'n lieflike en rustige plek.

Dit was net jammer dat die televisie nie gewerk het nie. Daar was wel 2 kanale, met baie swak visie. Maar baie dankie! Daar was wel 'n nota dat MultiChoice besig is met opgradering. (Nie dat 'n ou gekom het om televisie te kyk nie, want dit kan jy by jou huis doen. Jy het mos gekom om te ontspan), maar dit sal goed wees as die TV wel werk, net so vir die wis en onwis. Kliëntediens was regtig baie vriendelik en behulpsaam. Baie baie dankie! Het baie welkom gevoel.

Paternoster Hotel's terugvoer

Goeie dag Lynette,

Verskriklik baie dankie vir die mooi resensie van ons lifelike hotel. Ek verstaan en vra omverskoning oor die ongerief oor die Tv, dit is net nadat julle weg is reeds reg en in orde. Ons harte is bly dat ons vir julle welkom en tuis laat voel het en dit was die grootste plesier om vir julle as ons gewaardeurde gaste te akkommodeer.

Vriendelikste groete,
Monique Pretorius
Paternoster Hotel Ontvangs

Paternoster Hotel
Natasja K - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Natasja K
Gesin met klein kinders

This was a real home environment away from home.

This was a real home environment away from home. We were received so friendly by the hotel reception. Each and every staff member, from the lady who cleans your room up to the lady who serves you in the morning was so friendly. We hope to visit you again soon. Thank you.

Michael M - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Michael M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en ruim kamer met alle fasiliteite, goed geleë en sal definitief weer gebruik.

Ons het dit baie geniet met vriendelike diens. Baie aangename ontbyt, ruim en baie skoon kamers en regtig niks negatiefs om te sê van ons heerlike verblyf by Paternoster Hotel! Sal enige tyd weer daar oorbly.

Koos B - Sep 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie geniet en see-uitsig was uitstekend vanaf die balkon.

Netjiese en skoon kamer met 'n wonderlike, vriendelike klomp mense wat daar werk. Almal is baie behulpsaam. Lekker gekuier op Paternoster.

Annelie W - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Annelie W
Saam met vriende

Onaangenaam!

Goeie naand, na wonderlike ontvangs by Hamlet Country Lodge was Paternoster Hotel 'n gróót gemors! Ons het geskakel om te sê ons sal na ses arriveer. Koue ontvangs, kamer was ysig, verwarmer was gebreek, geen warm water. Die reuk van ou olie het ons gewaarsku om nie aandete te neem. Gelukkig was daar 'n Restaurant oop wat vars pizzas gemaak het. Alhoewel dit ysig was het die bestuurder ons voorsien met kombersies, heerlik geëet. Ongelukkig terug in Hotelkamer het die nagmerrie begin. Géén DStv, blykbaar besig om daaraan te werk. Beddens was uiters pateties! Geen onderlaken op matras, uiters higiënies en ysig, net 'sintetiese duvet' Gelukkig kniekombersie saam gevat om onder laken te sit. Geen 'amenities'. Die idee om warm bad te neem voor bed het vinnig verander na deel 3 van nagmerrie, geen warm water! Besluit om hulle tot oggend kans te gee! Oggend nagmerrie gaan voort! Weer geen warm water. Ysig buite! Nadat ek ontvangsdame geskakel het was sy bereid om self met ons te kom gesels, blykbaar munisipaliteit se skuld! Ek het gesê ek weier om te betaal vir swak diens. Om hulle wel pluimpie te gee het hulle ons in kontant terugbetaal minus ontbyt.

Johan S - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gebly en beveel aan vir iemand wat wil rus.

Die personeel is vriendelik en sal aanbeveel.

Adriaan D - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Adriaan D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gekuier.

Skoon kamer, yskas in kamer sou lekker gewees het.

Phil B - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Phil B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit is 'n rustige, ontspanne atmosfeer waar jy die natuurskoon kan geniet.

Skoon dorp met interessante mense wat daar bly. Almal is vriendelik en aangenaam.

Ronnie H - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ronnie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Old, but clean and comfortable, but could do with an internal upgrade, but pricing good for the town.

The hotel is quite a shock when you first see the place as it's a single story building that was built in 1873 I think. However, we had a sea facing room with a very comfortable queen size bed, a bathroom with a separate shower. Very clean and comfortable. The food in the restuarant was tasty and well cooked as was the breakfast. Their kitchen was spotless (I left my freezer food there) and the antique furnishings fitted in very nicely with the age of the hotel. My only negative was that I think an internal upgrade to the accommodation would not be out of place in areas such as the bathrooms. Pricing good though.

Willem V - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Willem V
Gesin met klein kinders

Dit was baie lekker ontspannend.

Uitstekend. Die beste kos, pragtige strand en natuurskoon.

Stephnie L - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Stephnie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie lekker nie!

Kamer baie eenvoudig met baie swak matras en net een baie dun kussing. Net 'n duvan op die bed sonder 'n top laken. Stort in bad ongemaklik en baie glad. Stortgordyn vol mis. Swak karakters in kroeg gedeelte van restaurant. Ontbyt se eiers was heeltemal grysaard onderkant. Met gevolg toe nie ontbyt geëet nie. Wens ek kan die foto's laai. Bly weg! Swak diens!

Johann G - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Johann G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker met goeie diens en nice kos.

Sien sterre.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Very enjoyable with good service and nice food.

See stars.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: St Augustines-weg, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQ3Zjk2ZDMyLTQyNjYtNDBhYy05MTYzLTkwMDQ3NmY3ZmY2OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 43 5 1 5 St Augustines Road Paternoster 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -32.809847700128 17.891535758972
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!