Paulandi - Leeupoort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Paulandi - Leeupoort is aangewys as een van die Top Finaliste in die selfsorg, ongegradeerde kategorie van Sanlam se Top Destination Awards 2017.

Is jy opsoek na bekostigbare selfsorg-akkommodasie in die hartjie van die Bosveld?

Paulandi bied lafenis en rus vir die siel in 'n Bosveldparadys. Dit is in die malariavrye Leeupoort Vakansiedorp op die R516, sowat 58 km van Thabazimbi af en 72 km van Bela-Bela af geleë.

Paulandi is ’n selfsorg-vakansiehuis met slaapplek vir 4 gaste in ’n natuurreservaat wat omring is deur die Waterberge. Die reservaat huisves 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. Die wild loop in die strate rond en wei tussen die huise. Hier bestaan ’n besonderse band wat deur die jare tussen mens en dier gesmee is.

Daar is heelwat wandelpaadjies wat kronkel deur ’n wye verskeidenheid inheemse bome. Besoekers het van 07:00 - 18:00 vrye toegang tot die natuurreservaat van 823 hektaar waar hulle kan stap, draf, fietsry of motorry. Daar is kameelperde, wildebeeste, ’n verskeidenheid boksoorte en ander wild te siene.

Paulandi is geleë op erf 1016 Buffelpaadjie, uitbreiding 5, Leeupoort, sowat 500 m van die natuurreservaat se hoofingang en 400 m van die sonsondergang-uitkykpunt af.

Hierdie selfsorg-vakansiehuis met 4 slaapplekke beskik oor:
• 1 hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en lugversorging
• Volledige badkamer (bad, stort, wasbak en toilet)
• Leefarea met twee enkeldagbeddens en 'n 24 000 BTU-lugversorger
• Oopplan-kombuis wat ten volle toegerus is, met 'n ysmasjien
• Die eenheid het ’n TV met volledige DStv
• 'n 3X7 m Houtdek wat toeganklik is deur die leefarea of slaapkamer, met 'n bedekte braai-area, piekniektafel en bankie
• Buitelugbraaigeriewe, vuurput en braaigereedskap
* Klimraam vir die jongspan langs die braai-area

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Paulandi - Leeupoort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false