Strand Akkommodasie by Pebble Moon Strand Woonstel | LekkeSlaap
+43

Pebble Moon Strand Woonstel

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 66, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Pebble Moon Strand Woonstel is 'n luukse selfsorgwoonstel met die mooiste uitsig oor Valsbaai. Gaste kan selfs Tafelberg vanuit die woonstel sien. Dit bied gemaklike, gemeubileerde verblyf vir 4 gaste op die strandfront in die Strand. Dit is die ideale bestemming vir 'n wegbreekvakansie, naweek of 'n sakereis.

Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer, en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n mikrogolfoond, stoof, oond, yskas en 'n koffiemasjien, en daar is 'n skottelgoedwasser en tuimeldroër in die eenheid. Gaste kan ontspan in die sitarea wat ingerig is met 'n TV met DStv. WiFi is ook beskikbaar teen 'n fooi.

Daar is veilige onderdakparkeerplek vir 1 motor. Gaste kan gerus van die onderdak-braai en die kompleks se swembad gebruik maak.

Pebble Moon is stapafstand van die Strand Pavilion, net 1 km van die hoofstrand en 5 km vanaf Vergelegen Mediclinic. Die Strand bied besienswaardighede en doendinge, soos die Strand Waterworld, asook verskeie restaurante en wynplase.

As jy jou voete wil lig en rus in jou huis-weg-van-die-huis, is Pebble Moon net vir jou.

Slaapplek

’n Bespreking by Pebble Moon Strand Woonstel sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 32 resensies vir Pebble Moon Strand Woonstel
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Kusweg 66, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pebble Moon Strand Woonstel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kusweg 66, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM4MTNiMmNlLTY2ZTMtNDAzMC1hMTJkLWY2ZWZmZDdjNDQxMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 4) 32 5 1 5 66 Beach Road Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -34.119443490948 18.829477858962
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za