Pelenechi Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Welkom by Pelenechi Manor, 'n klassieke eiendom met 'n pragtige tuin wat op 'n stil, plattelandse paadjie net buite Witrivier geleë is. Ons fokus is regdeur op uitstekende gehalte, nie net ten opsigte van die styl en meubilering nie, maar ook betreffende gerief en diens.

Pelenechi Manor beskik oor 11 gerieflike Jewel Suites wat in die hoofgebou geleë is en 3 groot, luukse Diamond Suites wat oor die pragtige tuin uitkyk. Ons kamers is elk ingerig volgens 'n verskillende edelsteen. Elkeen het sy eie badkamer met 'n stort of 'n bad, wit linne en handdoeke, toiletware, haardroër, verwarmer, TV met 5 kanale, sommige het plafonwaaiers, sommige het lugversorging en sommige het hul eie balkon.

Elke kamer het sy eie uniek styl en dekor en is ingerig met gehalte afwerkings en skoon, wit linne. Elke kamer is geïnspireer deur 'n Afrika-edelsteen en is versier met oorspronklike kuns- en kralewerk deur plaaslike kunstenaars.

Die sitkamer is baie gerieflik en dis net die plek om te ontspan met 'n boek, 'n paar note op die klavier te speel of om ons familie se versameling antieke poppe te bewonder. 'n 200 jaar-oue riempiesbank is die fokuspunt van hierdie vertrek. Geniet 'n koeldrank by die verkoopmasjien, bekyk al die artefakte in die vertrek en aanskou die vertoonkas wat destyds aan Percy Fitzpatrick, die skepper van "Jock of the Bushveld", behoort het.

Die ruimte het 'n grasdak, tog is dit 'n binnenshuise ruimte. Dis 'n gemaklike, knus plekkie om te ontspan of 'n glasie goeie Suid-Afrikaanse wyn voor die kaggel te geniet.

Die eetkamer is reg langs die konferensiekamer geleë en dis net die plek vir afgevaardigdes om hul maaltye te geniet. Dit kan ook as 'n ontspanningslokaal gebruik word as die konferensie in groepe opgedeel word. Die eetkamer is ook waar maaltye bedien word as die weer nie saamspeel vir al fresco-etes op die dek nie. Dit het 'n lieflike kaggel en 'n geregistreerde antiekstuk: 'n 100 jaar oue-buffet met oorspronklike silwer handvatsels wat eens in die Willowmore Hotel in die Kaap gebruik is.

Die swembad is heeltemal omhein en is in die somer aan gaste beskikbaar. Die dames kan soggens deelneem aan 'n Aqua-Aerobics-klas, doen asb. navraag by die gasheer.

Die tuin is regtig asemrowend mooi. Daar is talle wandelpaadjies, plankpaadjies, groot bome en 'n groot grasperk. Om verder tot die wonder van die tuin by te dra is daar baie voëllewe, insluitend eende en 'n swaan. Jy kan hulle vanaf enige van die stil sitarea's dophou. Die tuin is die perfekte plek vir 'n troue, vieringe en kinderpartytjies. Daar is verskeie perfekte hoekies, groot bome en sagte, natuurlike lig en is enige fotograaf se droom.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Blaaibord
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pelenechi Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 360 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za