Mosselbaai Akkommodasie by Pendula Place | LekkeSlaap
+17

Pendula Place

9 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Pendula-straat 4, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Pendula Place bied selfsorgverblyf in die rustige Danabaai-bewarea naby Mosselbaai. Dit is naby die hoofstrand geleë.

Die verblyf bied slaapplek vir 10 gaste in 'n drieslaapkamerhuis met see-uitsigte en 'n tweeslaapkamerwoonstel. Die slaapkamers in die huis het 'n koninggrootte-, koningingrootte- en 2 enkelbeddens. Die een badkamer het 'n stort en bad, en die ander badkamer het net 'n stort. Die kombuis is ten volle toegerus en die leefarea het 'n TV met DStv.

Die een slaapkamer in die woonstel het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die een badkamers het 'n bad en 'n stort en die ander badkamer net 'n stort. Die kombuisie is ten volle toegerus en die sitkamer het 'n TV met DStv.

Albei eenhede het gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel. Handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Gaste kan gholfspeel, swem, visvang, voëlkyk, wynproe, voetslaan en bergfietsry in die omgewing.

Kom geniet die asemrowende see uitsig en klein wild in die bewarings gebied.

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 9 resensies vir Pendula Place
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Pendula-straat 4, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pendula Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Pendula-straat 4, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk0YWRmOTE5LTEzZGItNDBlOS05MjMwLTI5YWVhNzI0NTBhNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 4 Pendula Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -34.202096 22.051023
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za