Penguin Blue Self-Catering Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Penguin Blue bied twee ruim, gerieflike selfsorgwoonstelle wat oor Simonstad en Valsbaai uitkyk. Die woonstelle is teen 'n helling by Glen Marine tussen die see en die berg en is dus 'n uitstekende vakansiebestemming.

Dolphin woonstel het slaapplek vir 2 gaste. Whale woonstel het slaapplek vir 4 gaste, maar net 1 slaapkamer is privaat aangesien gaste deur die tweede slaapkamer toegang tot die leefarea verkry. Dus is dié eenheid ideaal vir 'n gesin. Die 2 woonstelle het 'n skakeldeur en kan dus ook saam verhuur word vir 6 gaste.

Elke woonstel het 'n volledig toegeruste oopplan-kombuis met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas en ander klein toebehore. Daar is koningingrootte-beddens, gehalte beddegoed, 'n platskerm-TV met DStv wat film- en sportkanale insluit, 'n DVD-speler. Elke woonstel het 'n binnebraai en daar is 'n gemeenskaplike buitebraai.

Die woonstelle word daagliks deur ons betroubare, vriendelike personeel skoongemaak. Dit sluit naweke en openbare vakansiedae uit.

Penguin Blue is 5 minute se ry vanaf Simonstad en net 1 km vanaf die Metro treinstasie. Die Elsiespiek-staproete bied asemrowende, panoramiese uitsigte oor Valsbaai en is net 3 km van ons af. Vishoek se hoofstrand, een van Kaapstad se veiligste en mooiste strande, en Kalkbaai met sy unieke winkels en restaurante is onderskeidelik net 5 km en 6 km ver. Verder is ons net 40 minute vanaf die lughawe, wynlande en Kaapstad se middestad. Met verskeie restaurante en besienswaardighede soos Kaappunt net 'n hanetreetjie van ons af, is hierdie pragtige area 'n gewilde bestemming onder toeriste.

Die eienaar, Erica, is altyd naby om die daaglikse bestuur van die selfsorg-eenhede te hanteer.

Kom geniet Suid-Afrikaanse gasvryheid in 'n luukse, gerieflike en veilige omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Penguin Blue Self-Catering Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R860 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za