Bettysbaai Akkommodasie by Penguin House | LekkeSlaap
+16
+16

Penguin House

Selfsorg
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Penguin House is 'n ruim selfsorghuis vir 8 gaste bo die Stony Point-pikkewynkolonie in Bettysbaai.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n uitsig oor die baai en op die berg. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die laaste 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer met 'n bad en 'n toilet.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus, en maaltye kan by die etenstafel geniet word. Gaste kan in die sitarea voor die kaggel ontspan. Daar is ook WiFi.

Die huis lei na 'n stoep vanwaar gaste die pikkewyne kan sien. Gedurende die seisoen baljaar walvisse ook in die baai. Goedgemanierde troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Penguin House sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarence-rylaan 2662, Bettysbaai, 7141, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2dd778aff3f57f867da062be848bad83611c84eae0b4a6cabfabef34c8b26877d3bd8ae1f6637152ced1a8e7bc79c7789c3e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 600  per nag (plek vir 8) 2662 Clarence Drive Betty's Bay 7141 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.373341 18.893653
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za