Marlothpark Akkommodasie by Penny Lane | LekkeSlaap
+35
+35

Penny Lane

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R2 450 per nag (vir 8 persone)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Leguanlaan 2152, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Penny Lane is 'n selfsorg-gastehuis in Marloth Park. Hier loop diere nog vry rond en wei sommer rondom die huis. Ons bied die ideale wegbreek vir diegene wat die pragtige natuurskoon en volop wild wil geniet. Die huis het lugversorging en oorgenoeg vermaak en ontspanning-areas vir groepe van 8 vriende of 'n gesin. Afslagtariewe is beskikbaar vir groepe van 4 of minder.

Die huis het 4 slaapkamers en 4 badkamers wat almal gerieflik ingerig is met vars linne en smaakvolle dekor. Alle kamers is dubbelkamers. Twee van die kamers het elk 1 koningingrootte-bed en die ander 2 kamers het elk 1 dubbelbed. Die hoofslaapkamer, op die boonste vloer, het 'n uitkykdek en 'n volledige en suite-badkamer. Daar is nog 2 en suite-badkamers asook 'n ekstra aparte badkamer.

Gaste sal die verskeidenheid vermaak-geriewe geniet wat Penny Lane bied. Die kombuis is volledig toegerus vir 8 gaste met enige iets wat jy moontlik kan nodig kry om 'n heerlike maaltyd op te tower na 'n opwindende dag vol wildritte. Indien tuisgemaakte kos nie heeltemal is wat jy in gedagte gehad het nie, kan jy enige van die restaurante en kroeë in die nabye omgewing besoek. Die boonste vloer het 'n leefarea met lugversorging, gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met 'n BlueRay-speler, DVD-speler en 'n iPod-koppelstasie. Gaste sal regdeur die huis 'n paar hoekies vind waar daar ekstra sitplek is.

Die patio is ideaal vir vakansiepret aangesien daar 'n groot skoorsteen-braai is met piekniektafels, 'n vuurput en 'n verfrissende plonspoel met 'n waterval. Die perseel bied uitstekende uitsigte van die omliggende area sodat gaste oorgenoeg geleenthede sal hê om diere soos wilde sebras en kameelperde te gewaar.

Indien jy nie graag in die plonspoel wil afkoel nie is daar ander goed waarmee ons jou kan vermaak insluitend: wildritte, tiervisvang, voëlkyk en enige buitemuurse aktiwiteit waaraan jy kan dink - Penny Lane kan dit alles reël.

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Penny Lane
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Leguanlaan 2152, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Penny Lane het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 450
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 450
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 450
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Leguanlaan 2152, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYxZDU4YzQ2LTUxMGQtNDVlYS1iZjQ3LWY1ZGI5NTQ5NTFlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 450  per nag (vir 8 persone) 5 5 1 5 2152 Leguan Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-00:00 11:00 -25.341093 31.776019
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za