Penthouse with Mountain Views 8

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Penthouse with Mountain Views 8 is 'n ruim dakwoonstel in The Piazza in Tuine, 'n bekoorlike woonbuurt in Kaapstad. Die woonstel is ideaal vir gaste wat die besienswaardighede wil besoek, soos die Kerkplein se gewilde koffiewinkels en restaurante, die Kasteel, St Georges Mall, Groenmarkplein en die nuwe Rhodes Mandela-plein.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met en suite-badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n oopplan-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 en die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die leefarea lei na 'n balkon wat reg rondom strek en bied 'n uitsig oor die Kaapse middestad en op Tafelberg.

Die kompleks het onderdakparkeerplek, 24 uur-sekuriteit en daar is toegang tot 'n swembad en gimnasium.

Slaapplek

'n Bespreking by Penthouse with Mountain Views 8 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Penthouse With Mountain Views 8 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 750 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za