LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Penwarn Farm Lodge | LekkeSlaap
+112

Penwarn Farm Lodge

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushman's Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R944 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Penwarn Farm Lodge bied rustieke tog moderne selfsorgverblyf en is op 'n rustige plaas teen die voorheuwels van die Suidelike Drakensberge, 22 km vanaf Underberg.

Verblyf by Penwarn Farm Lodge bestaan uit 5 unieke eenhede met slaapplek vir 4 tot 8 gaste. Elke eenheid het 'n kombuis met die nodige toebehore en beskik oor 'n oopplan-leefarea. Elke eenheid het ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die lodge het 'n hoofgebou met 'n gemeenskaplike gastesitkamer met 'n kaggel en 'n kroegarea. Die lodge het 'n grasdak-lapa met 'n uitsig oor die meer en kan vir spesiale geleenthede, soos troues bespreek word.

Die plaas is in 'n pragtige vallei omring deur mere en begrens die Highlands Plaas wat in 1886 gestig is. Die eienaars is die vyfde geslag van dieselfde familie wat die plaas bestuur en boer met beeste, skape, mielies en aartappels. Daar is ook sebras, hartebeeste en blesbokke wat op die graslande wy. Voëllewe is volop en die kraanvoëls en wilde ganse kan uit die gemak van die eenheid besigtig word.

Die plaas se atmosfeer is ontspanne, rustig en modern, en dis ideaal vir verskeie geleenthede soos 'n troue, konferensie, gesinsvakansie en 'n romantiese wegbreek.

Let asb. daarop dat daar 'n grondpad van 16 km lank na die lodge toe lei. Die selfoonsein is swak, maar ons het 'n booster en gratis WiFi by die ontvangsarea.

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Kroeg
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Penwarn Farm Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Bushman's Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Penwarn Farm Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R944
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R944
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bushman's Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPULtbUKpTVi4SEtLNd0pyrks98iqhsjTuscgY1vUyo3OMaGGD7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R944  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 Bushman's Nek Road Underberg 3257 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.858463 29.346538
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!