Peppertree House B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Peppertree House B&B bied selfsorg- en B&B-verblyf in 'n rustige omgewing in Fort Beaufort in die Oos-Kaap. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf weg van die rumoer van die stad.

Verblyf bestaan uit 3 dubbelkamers en 5 selfsorg-eenhede wat gerieflik ingerig is. Elke dubbelkamer het 'n dubbbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort, wasbak en 'n toilet. Die selfsorg-eenhede is net so ruim en het slaapplek vir 2 tot 4 gaste. Dié kothuise het elkeen 1 dubbelbed of 2 enkelbeddens, 'n slaapbank, 'n kombuisie wat goed toegerus is en 'n sitarea met genoeg sitplek.

Ander geriewe in al die kamers sluit die volgende in: gratis WiFi, 'n TV met sekere DStv-kanale, elektriese komberse en verwarmers in die winter en koffie- en teemaakgeriewe. Kamerdiens is ook beskikbaar en gaste kan kies tussen 'n volledige Engelse ontbyt of 'n gesondheidsontbyt. Middagete en aandete word op versoek in die eetarea bedien.

Peppertree House B&B het 'n gemeenskaplike sitkamer waarin gaste kan sit en kuier, 'n swembad, en tuine en braai-areas wat goed in stand gehou word. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter afstandbeheerde hekke en die eiendom is naby aan historiese besienswaardighede en net 25 km vanaf Fort Fordyce Natuurreservaat.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Peppertree House B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R740 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za