LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Perivoli Lagoon House | LekkeSlaap
+17

Perivoli Lagoon House

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wortelgat-weg, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R48 000 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Perivoli Lagoon House is ’n villa met 4 slaapkamers in ’n ongerepte wildreservaat wat ’n uitsig oor die Klein River-strandmeer en op die berge bied. Hierdie kontemporêre villa is vir eksklusiewe gebruik beskikbaar. Die ligging daarvan maak dit die ideale wegbreek vir totale privaatheid op die water, te midde van die Kaapse blommeryk.

Die villa is goed deurdink en het smaakvolle Afrika-artefakte en kunswerk. Daar is helder en ruim leefareas, ’n dek met ’n verhitte randvloeiswembad en buite-areas wat onderdak is met diep rusbanke waar gaste die uitsig oor die strandmeer kan geniet, of kan terugsit en die voëllewe geniet.

Daar is 4 en suite-slaapkamers wat elk ’n dubbelbed en ’n privaat onderdakterras het. Elke bed kan ook as 2 enkelbeddens opgemaak word. Elke en suite-badkamer het ’n bad en stort en handgemaakte Wild Olive-badprodukte.

Die oopplan-leefarea en -eetarea het wye glasdeure en vensters en bied beeldskone uitsigte oor die strandmeer. Daar is dakwaaiers, ondervloerse-verhitting, ’n kaggel en eko-vriendelike korrelstowe. Die leefarea is die ideale plek om te ontspan en die uitsig te geniet. Die eetarea het genoeg spasie om in te onthaal, insluitend ’n ten volle toegeruste ontwerperskombuis met ’n aparte opwas- en wasgoedkamer. Daar is ook ’n kruietuin wat vars bestanddele voorsien.

Daar is ’n span ingesluit by die villa wat jou verblyf so gerieflik as moontlik wil maak. Dit sluit ’n privaat natuurgids, ’n gasheer, sjef, huiskneg en skoonmaker in. Daar word daagliks 3 gourmet-etes en drankies bedien. Doendinge in die natuur, soos stranduitstappies, begeleide fynbos-staproetes, asook kajakvaart en bergefietsry kan geniet word. Gaste het ook toegang tot ’n komplimentêre snelboot, ski's, tjoeps en ’n skipper vir 2 ure. Ander doendinge sluit privaat komplimentêre wynproe en ’n wingerdtoer, sowel as ’n privaat 4x4-safarivoertuig vir uitstappies na die Walker Bay Natuurreservaat in.

Slaapplek

’n Bespreking by Perivoli Lagoon House sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Alle Etes Ingesluit

Ligging

  • Wortelgat-weg, Stanford, 7210, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R48 000
per nag (plek vir 8)
Vanaf R48 000
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wortelgat-weg, Stanford, 7210, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA76d4f5a3f0bdf149291c178b57a37676faf5f3c077cb45b5b193dce3ae39aa831fe70fd9d3929e062ce15cc428a118f002be?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R48 000  per nag (plek vir 8) Wortelgat Road Stanford 7210 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.421127125682 19.365724169312
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!