Perriwinkle Self-catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Perriwinkle Self-catering Accommodation het 2 woonstelle in Franskraal. Die verblyf is ideaal vir ’n paartjie, klein gesin of groter groepe in die nuwe woonstel op die boonste verdieping wat op soek is na gerieflike blyplek en lieflike see-uitsigte.

Die onderste woonstel het 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en die badkamer het ’n stort, wasbak en toilet. Die leefarea is oopplan en het ’n dubbelslaapbank in die sitkamer ideaal vir 2 kinders om op te slaap. In die woonstel is daar ’n kombuis wat goed toegerus is om etes voor te berei. Daar is ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof en oond asook ingeboude kaste en ander toerusting. Daar is ook ’n TV in die sitkamer en die sitkamer lei na ’n balkon met draagbare braaigeriewe en onbelemmerde see-uitsigte.

Die nuwe opgeknapte woonstel op die boonste verdieping bied slaapplek aan 8 gaste. Daar is 4 slaapkamers en 2 badkamer met storte. Die gesinskamer het ’n TV aan die een kant en ’n groot kombuis met ’n skottelgoedwasser aan die ander kant. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar op die stoep op die eerste verdieping se stoepe vir almal om te gebruik.

Parkeerplek op de perseel is beskikbaar en Perriwinkle Self-catering Accommodation is binne ry-afstand na die strand, winkels, restaurante en ander geriewe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Perriwinkle Self-catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za