Hazyview Akkommodasie by Perry's Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel | LekkeSlaap
+43
+43

Perry's Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel

  • Vanaf R1 730 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 74 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R40, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Perry's Bridge Hollow is op 'n unieke perseel tussen kremetart-, vye- en akasia-bome in die hartjie van die koloniale Perry's Bridge Handelspos in Hazyview geleë.

Daar is 27 ruim kamers en 3 gesin-suites wat ontspanne, dog gesofistikeerde akkommodasie in 'n luisterryke inheemse tuin bied. Die gemeubileerde kamers is in 'n koloniale styl gebou, en beskik elkeen oor die volgende geriewe: lugversorging, binne- en buitestorte, kluisies, koffie- en teemaakgeriewe, yskaste, en 'n privaat stoep met uitsigte oor die Laeveld. Lawe jouself in die verfrissende swembad, omsoom deur 'n pragtige tuin.
Smul aan plaasontbyte, ordentlike kroegkos en rojale driegangmaaltye by die unieke eetplekke op die perseel - elk met uitstekende geregte op die spyskaart, en omring deur die Laeveldse landskap.

Die Kuka Restaurant met sy Afro-sjiek-atmosfeer is in 'n oop, moderne ruimte geleë en met helder, lewendige kleure versier. Kom geniet topklas-ontbyte, -middagetes, -aandetes, -koffiebederfies en uitstekende mengeldrankies hier.

Perry's Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel is 10 minute se ry van die Krugerwildtuin af en dit neem sowat 45 minute om tot by die Panorama-roete te ry. Dit bied dus ideale verblyf vir enige iemand wat die Laeveld wil verken.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Wasgoeddiens

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Perry's Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • R40, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Perry's Bridge Hollow Hazyview Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 730
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 730
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 730
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 74 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R40, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMzMzZlNWJlLWYxZmEtNDEyMS1hZDc4LWYwODNkM2Q3NjIwNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 730  per nag (vir 2 persone) 4 5 1 5 R40 Hazyview 1242 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.036349 31.124143
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za