Leisure Bay Akkommodasie by Peter Pan Place | LekkeSlaap
+35

Peter Pan Place

  • Kapasiteit: 90 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Seaton- en Turquay-laan, Leisure Bay, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R990 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Peter Pan Place is net 200 m van 2 van die mees asemrowende en veiligste swemstrande in die Suidkus af, naamlik Kidd's Beach en Peter Pan Bay. Dis ook 160 km suid van Durban en 5 km vanaf Port Edward.

Die selfsorgvillas bied ideale vakansieverblyf vir gesinne en groepe. Elke selfsorgdupleks het slaapplek vir 6 persone in 3 slaapkamers. Benewens die slaapkamers het elke eenheid 1 badkamer en 'n kombuis, eetarea, sitkamer, gaste-toilet en stoep met 'n braai op die onderste vloer. Daar is 'n motorhuis per villa en grens ook aan die villa. Verder is elke eenheid ook toegerus met 'n wasgoedarea en strandstort met warm en koue water.

Let asb. op dat daar nie TV-kanale is nie, so gaste kan hulle eie dekodeerder, kabels, afstandbeheer en slimkaart vir DStv saambring. Gaste kan ook DStv Premium teen 'n ekstra koste van R65 per dag huur.

Maak gerus gebruik van die swembad, tafeltennisblad en veerpyltjiebord op die perseel. Die hele 2,5 ha-eiendom is omhein met 'n spitspaalheining sodat die kinders lekker kan speel sonder dat jy jou hoef te bekommer.

Besoek gerus Glenmore-strand en al die heerlike visvang- en snorkelduikplekke. Leisure Bay is bekend vir sy natuurskoon, kalmte en aangename weer regdeur die jaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 11 resensies vir Peter Pan Place
Netheid
4.3/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • H/v Seaton- en Turquay-laan, Leisure Bay, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Peter Pan Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
per nag (plek vir 6)
Vanaf R990
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 90 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: H/v Seaton- en Turquay-laan, Leisure Bay, Munster, 4278, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVlNWU3OTZlLTdjYWQtNDUxNy04YjgxLTRjNjMxNjI0YmExMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R990  per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 Corner Seaton & Turquay Ave Leisure Bay 4278 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -31.022883808026 30.242492507935
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za