Phalaborwa Akkommodasie by Luxury Bush Lodge | LekkeSlaap
+47

Luxury Bush Lodge

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Silonque Bush Estate, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Luxury Bush Lodge is in Silonque Bush Estate geleë en bied gehalte-verblyf vir ’n klein gesin of groep vriende. Die huis het ’n uitsig oor die Krugerwildtuin en is binne maklike bereik van die Phalaborwahek.

Die huis bied slaapplek aan 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Elke kamer het ’n dubbelbed en ’n en suite-badkamer met ’n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus met ’n stoof, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser.

Die ruim leefarea het gerieflike sitplek en ’n TV met DStv. Daar is ’n eetarea en die leefarea lei na die stoep met buitemeubels, braaigeriewe en ’n warmbad. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Daar is ’n aparte boma waar gaste om die vuur met ’n skemerkelkie kan sit.

Die Silonque Bush bied ’n swembad en tennisbaan. Dié oord het 10 huise en bied 'n gevoel van eksklusiwiteit. Diere beweeg vrylik op die oord rond, so gaste kan verwag om kameelperde, vlakvarke, olifante, koedoes, waterbokke, ystervarke, aardvarke, impalas, steenbokke, grys duikers, sivetkatte en selfs 'n luiperd te sien, as hulle gelukkig is. As gevolg hiervan word troeteldiere ongelukkig nie toegelaat nie.

Die oord bied safari's waar gaste by die huis opgetel word. Daar is ook 'n dagspa op die perseel.

Die oord is slegs 15 minute se ry van die Phalaborwahek af na die wêreldbekende Krugerwildtuin. In die Krugerwildtuin kan gaste ook op ’n selfry-safari of begeleide wildrit gaan, asook ’n voëlkyktoer, bosbraai of wildwandeling. Gaste kan gerus op die nagrit gaan as hulle die groot katte wil sien. ’n Jagluiperd en haar welpies is al 2 km vanaf die Krugerwildtuin gesien.

Ander besienswaardighede in die area sluit in die Blyderivier-canyon en die Panoramaroete met sy pragtige watervalle, kranse, canyons en selfs reënwoude. Gaste kan ook God's Window, Bourke's Luch Potholes, Mac Mac-val, Belinval en Three Rondavels besoek. Die personeel kan uitstappies vir gaste in die Krugerpark reël, asook ’n riviersafari en township-toer met 'n privaat gids.

Slaapplek

’n Bespreking by Luxury Bush Lodge sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Portier
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Frans
  • Duits
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Videospeler

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 2 resensies vir Luxury Bush Lodge
Netheid
2.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Silonque Bush Estate, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Gaste dink Luxury Bush Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R3 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Silonque Bush Estate, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAApmdDZhyswGNT3uFOc9sEbs3uaKinNMDpLqYVuobH55aibr9fro?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 000  per nag (plek vir 4) 2 5 1 5 Silonque Bush Estate Phalaborwa 1390 Limpopo 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -23.882253521292 31.156043880856
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za