Phiva Game Lodge
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 11 Mei 2022 tot 16 Sep 2022.
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R8 100R6 075 per nag, vir 23 mense
Beskrywing
Phiva Game Lodge is op 'n wildsplaas in die hartjie van die Waterbergdistrik geleë en is ideaal vir 'n naweekwegbreek saam met familie en vriende. Die plaas is 13 km buite Modimolle. Die eenheid word as geheel aan slegs een groep uitverhuur.
Die lodge beskik oor 7 kamers, waarvan 2 slaapkamers in die huis is, 2 en-suite chalets en 2 buitekamers wat 'n badkamer deel is. Albei slaapkamers in die huis beskik oor koningingrootte-beddens waarvan 1 ook 'n enkelbed het, en die chalets het elkeen 'n koningingrootte-bed en 3 enkelbeddens. Die een buitekamer het 'n dubbelbed en die ander kamer het 3 enkelbeddens. Dié twee kamers deel 'n badkamer.
Elke kamer het 'n koffie-hoekie, asook komplimentêre sepies.
Daar is 'n ekstra eenheid, 100 m vanaf die hoofeenheid, wat 3 gaste kan akkommodeer. Hierdie eenheid is toegerus met n yskas, waaier, ketel, mikrogolf en dit het 'n buitebadkamer met 'n stort, en binneshuise toilet.
Die lodge het 'n kombuis en oopplan-sitarea. Daar is aparte lapa, ook met 'n volledige kombuis. Die lapa is die kuierplek met 'n pool-tafel, veerpyltjie bord, klavier, vele bordspeletjies, volledige DStv en ExtraView, braaigeriewe, 'n swembad en 'n Jacuzzi. Beide kombuise is toegerus vir selfsorgdoeleindes en sluit alle eetgerei, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasbrander en stoof in.
Wildritte kan op versoek gereël word. Verskeie wildspesies kom voor op die plaas, soos buffels, swartwitpense, njalas, kameelperde, vlakvarke, springbokke, koedoes, rooibokke, zebras, waterbokke, blouwildebeeste en verskeie voëlspesies.
Phiva Game Lodge het 'n noodkragopwekker vir daardie ontydige kragonderbrekings.
Gaste kan hul visstokke saambring en in die Donkerpoortdam visvang. Troeteldiere is welkom op versoek.
Slaapplek
’n Bespreking by Phiva Game Lodge sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Witborde
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
- Gaste dink Phiva Game Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 23 persone
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom