Pilanesberg Private Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pilanesberg Private Lodge is 'n privaat toevlugsoord wat aan die voet van die Pilanesberge skuil en uniek geleë is in 'n wildernis-area in die Pilanesberg Nasionale Park wat voorheen nie oop vir besoekers was nie. Die lodge is sowat 40 km vanaf Sun City, 190 km vanaf Pretoria en 203 km vanaf Johannesburg.

Die lodge is só ontwerp om te verseker dat gaste die kans het om wild te gewaar selfs wanneer hulle nie op 'n wildrit is nie. Verblyf word in 5 chalets aangebied wat almal met geplaveide paadjies en bruggies aan mekaar en aan die gemeenskaplike area verbind is. Elke chalet beskik oor 'n ekstra lang koninggrootte-bed met wit linne, 'n en suite-badkamer met 'n klipbad, dubbelklipwasbak en 'n buite- en binnestort, sowel as lugversorging, 'n plafonwaaier, 'n yskassie, 'n haardroër, 'n ketel, 'n kluisie en 'n privaat stoep.

Die gemeenskaplike area bestaan uit 'n sitkamer, eetkamer, biblioteek, TV-kamer, kroeg, kombuis, swembaddek, onderdakstoep, boma, uitkykdek en 'n kaggel. Daar is ook lugversorging en plafonwaaiers wat ideaal is vir die warm somermaande.

Gelukkige gaste het al olifante, swart- en witrenosters, leeus, luiperds, jagluiperd, buffels, elande en die bedreigde Afrika-wildehond vanaf die lodge gewaar. Gedurende die aande kan gaste lekker sterrekyk in die boma.

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pilanesberg Private Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 962 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]