Platberg Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Platberg Self-catering is in Harrismith en bied gerieflike verblyf aan sakereisigers en vakansiegangers. Dis naby die N3, die middedorp en ideaal vir oornagverblyf.

Dié gastehuis word deur die eienaars bestuur en bied selfsorgverblyf. Daar is 4 kamers. Die eerste kamer het 2 enkelbeddens wat in ‘n koninggrootte-bed omskep kan word. Die tweede kamer het ‘n enkel- en koningingrootte-bed. Die derde kamer het ‘n koningingrootte-bed. Die vierde kamer is ‘n selfsorg-eenheid wat beskik oor ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed, leefarea, eetarea en kombuis. Elke kamer het ‘n en suite-badkamer met ‘n bad of stort, wasbak en toilet. Elke kamer het ook ‘n TV met DStv, elektriese kombers en verwarmer. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die gastehuis bied binne- en buite-braaigeriewe en veilige parkeerplek. Dis naby winkels en restaurante. Ontbyt en aandete kan op versoek gereël word. Middagetepakkies vir sakereisigers kan ook gereël word. ‘n Wasgoeddiens is teen ekstra koste beskikbaar. Troeteldiere word toegelaat, mits vooraf gereël.

Trekpleisters in die omgewing sluit Harrismith Buiteklub, Mount Everest Wildreservaat en Sterkfonteindam Natuurreservaat in. Die Drakensberge is ook net ‘n entjie verder.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Platberg Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za