LekkeSlaap
Maak jou ervaring
lekke met ons app
KRY APP
+29
Selfsorg in Waterberg

Plekkie in die Son

  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Buisfontein Farm Section 6, Buisfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo Sien kaart

Beskrywing

Plekkie in die Son bied selfsorgverblyf in die bosveld, naby die dorp Bela-Bela. Die dorp is bekend vir sy warmwaterbronne, maar is ook die tuiste van besienswaardighede soos Zebula, Elements Private Gholfreservaat, Waterberg Zipline Adventures, en die Bambelela Wildlife Care and Vervet Monkey Rehabilitation Facility. Dit is ook net 1 uur se ry vanaf Pretoria.

Plekkie in die Son bied slaapplek vir 4 gaste en bevat 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n pragtige uitsig oor die Waterberge. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n dubbelbed en sy eie badkamer. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort, en die tweede badkamer het 'n bad.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond en ketel en broodrooster. Die sitkamer het lugversorging en bevat sitplek, 'n plafonwaaier, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Die leefarea lei na 'n oordekte balkondek met 'n ingeboude braai, buitesitplek, sonstoele, 'n gasbraai en 'n plonspoel. Dubbele motorafdakparkering is beskikbaar.

Berghuis het lugversorging en bied slaapplek vir 2 gaste. Dit bestaan uit 'n slaaparea, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met 'n pragtige uitsig oor die Waterberge. Die slaaparea is gemeubileer met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, lugbraaier, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en broodrooster. Die sitkamer het lugversorging en 'n omsetter, 'n waaier en 'n platskerm-TV met 'n verskeidenheid DStv-kanale. Daar is ook 'n DStv-dekodeerder. Die leefarea lei na 'n oordekte patio met 'n braai.

Doendinge op die perseel sluit in stap, swem, 4x4-roetes en voëlkyk.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 165 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.8
Celine H
Saam met lewensmaat
5.0
Mooi, skoon, eensaam, stil en 'n amazing view. Dit was beter as wat ons verwag het. Dit was ongelooflik mooi en skoon. Dit is 'n solar plekkie so die ...
Sien meer
Sep 2026
Ronelle S
Gesin met klein kinders
5.0
Baie oulike plek en baie rustig. Baie oulike plekkie sal graag weer daar wil bly.
Sep 2026
Frederick B
Besigheidsreis
5.0
Beautiful, quiet. Stayed at the Berghuis. Beautiful place with awesome scenery. Enjoyed the stay a lot and will go back there again. Ve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2026
Henda P
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker rustig, mooi uitsig. Baie lekker. Goed ingerig en ruim. Ons was in die winter daar, sal graag in die somer teruggaan as alles groen is.
Jul 2026
Gustavo W
Saam met lewensmaat
5.0
Sal beslis weer daarheen gaan. Baie lekker gebly, geswem, geloop, en gerus. Plek is baie netjies en goed toegerus.
Feb 2026

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Dhivaashni Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 165

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Buisfontein Farm Section 6, Buisfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Plekkie in die Son het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Buisfontein Farm Section 6, Buisfontein, Bela-Bela, 0480, Limpopo

Sien kaart
  • Slaapplek vir 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://properties.cdn.tripco.co.za/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA98c1d74076e23cedb64fe88d7f9595092a9c9feb7dde94a12843da147a41b85d0671aca7efda824bfb4e477b6f6bbd7b5d08?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 165 5 1 5 Buisfontein Farm Section 6 Buisfontein 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -24.823075658593 28.319897353649
Soek in 'n groter streek